Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Groot uitdagings wag op UWK

Universiteit van Wes-Kaapland, wat onlangs ná sy segetog in die Varsityskild-rugbykompetisie ’n vrypas gekry het om aanstaande jaar aan die sterker nasionale Varsitybeker-kompetisie deel te neem, sal daarvan vergewis wees dat veel groter uitdagings vorentoe op hom wag.

UWK het in die WP se Superliga wat so stilweg die afgelope twee naweke afgeskop het, pak slae gekry van die Maties (7-54) en die Ikeys (16-33). Die universitêre spanne het die Superliga-kompetisie aan die gang gesit, aangesien hulle nie in Junie en Julie – wanneer die Superliga op dreef kom – beskikbaar is vir wedstryde as gevolg van die universiteitsvakansie nie.

Hoewel daar nie alte veel gelees moet word in die uitslae van die jongste voorseisoense vriendskaplike wedstryde nie, wag daar nietemin heelwat afrondingswerk op die Superliga-spanne van die Tygerbergstreek voordat die ligabepalings volgende maand afgehandel begin word.

Tygerberg-klub het wel 55-17 met Kuilsrivier en 13-10 teen St. George gewen, terwyl Brackenfell (26-7 t Brookside Villager), Belhar (26-7 t Pniël Villlagers), Goodwood 23-12 t Kraaifontein) en Kuilsrivier (36-26 t Eersterivier) ook die afgelope naweek aan die wenkant was. Maar Durbanville-Bellville (3-34 t Valsbaai), Noordelikes-Tygerberg (24-27 t Paarl) en Hands & Heart (3-26 t Schotsche Kloof/Walmer) was aan die verkeerde kant van die uitslae.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.