Loud, Fast and Dirty – Zone 7 Oval Dirt Karting het hulle eerste “Practice Racing” dag sedert Covid-19 begin vanaf Maart gehad Saterdag 29 Augustus – almal was lus vir ry in die skoon vars lug by Zone 7.
Covid regulasies is toegepas vir die dag vanaf temperature meet, ens.
“Die dag was perfek van die lekker, goeie reëns uit. Dit ‘n sport vir jonk en oud, almal geniet hulle in die sport. Vir pa en seun en nog skoondogter in die Van Zyl familie is dit ’n groot uitdaging om als reg te kry vir so ‘n dag. Go-Karts word nog aan gewerk tot laat in die nag vir so ’n dag, Anton het twee besighede Ironman Steelworks en Blacksmith Custom (4x4 Accessories) so tyd vir Go Karts bou moet altyd in die nag wees, in ’n dag is daar nie tyd vir dit nie. Die passie vir dit is vir my ongelooflik hoe my seun Anton van Zyl my ook dryf wat hy vir die spot sal doen al tref baie “bad luck” hom ook. Hy moet nou vir die jaar sy derde Wing Kart bou, dit het gerol in een race, maar niks sit Anton af nie, hy het verder gery, al is die go kart se een kant skuins ingedruk. Vir my as ouer is dit so mooi om te sien hoe hy aanhou omdat dit in sy bloed is, ek nou net soos hy, ons gaan om dit te geniet en te race, dit tog waaroor dit gaan. Ja daar gebeur ongelukkige, ens maar ek voel dit nogsteeds ‘n veilig familie sport om te kan doen,” sê Johan “Tonkies” van Zyl.
Die klasse wat daar gery kan in word is:
. Vanaf 5 jaar kan ’n kind ry – Newbies
. 160/200 Std
. 160 Pro
. 200 Pro
. 270 Development
. 270A
. 300
. Wings 300
. Ladies 390
. 390 Std
. 390 Mods
. Wing B
. Wing A
. Supermods
. Beetles
“Ek self ry die Beetle klas, ek nooi ryers uit om te kom aansluit by die klas, in die klas is nou vir manne om te ry wat se gewig bietjie swaarder as die gewone ouens is, daar krag in die engine van ’n Beetle.”