Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Kraaie-kolwer klop aan krieketdeur

Om as ’n matrikulant drie 100-talle binne enkele weke in die WP Krieketunie se eerste liga aan te teken, sit nie in enige jongeling se broek nie.

Maar dit is presies wat die 19-jarige Seth Fledermaus van die klub Kraaifontein die afgelope maand of wat vermag het. Daarmee het hy terselfdertyd ’n groot aandeel daarin gehad dat die Kraaie – ’n betreklike nuweling in die WP se topliga – tans ’n sterk aanspraakmaker op die titel in die eendaagse klubkompetisie is.

Seth, wie se gunsteling-lopieversamelaar die dekpuntdryfhou is, kolf hierdie somer die wêreld behoorlik aan die brand. Met onder meer onoorwonne 100-talle, soos die 114 lopies teen die Universiteit Kaapstad, die voorloper op die punteleer, en 113 lopies teen Noordelikes-Goodwood, het hy gewis verseker dat die WP-keurders reeds van sy vertonings kennis moes geneem het.

“In my 18 jaar verbonde aan die Kraaifontein-klub het ek nog nie so ’n talentvolle jong speler teëgekom nie,” verklaar Fabian Faro, die afrigter van die Kraaie.

Seth, ’n aanvangskolwer wat reeds vyf 100-talle agter sy naam kan skryf, is ook ’n skaflike draaibouler. Hy speel reeds van 16-jarige ouderdom af vir die eerste span van Kraaifontein wat tot enkele seisoene gelede ’n ruk lank onder die benaming Oostelikes in die Boland gespeel het. Wanneer hy nie vir die Kraaie uitdraf nie, dan voer Seth die eerste span van die Wes-Kaapse Krieketskool in Kuilsrivier aan.

Hy stel dit baie pertinent dat sy ouers, Saville en Charmaine, die groot steunpilare in sy jong kriekeketloopbaan is. Hy wil ook krieket sy beroep maak en gaan volgende jaar graafskapskrieket in Engeland speel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.