Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Oorhaastigheid kan Rangers punte kos

Die vonke gaan komende Saterdag weer op Ericapark spat wanneer die sokkerspanne Riverside Rangers en Invincible-Cravenby mekaar in ’n Superligawedstryd van die Noordelike Voorstede-Sokkerunie pak.

Oorhaastigheid kan verhoed dat Riverside Rangers die seisoen op ’n hoë noot begin en hulle sal Saterdag geduldig moet wees.

Les Mondo, afrigter van Riverside Rangers, is vol vertroue dat dié span opgewasse vir die taak sal wees.

“Ek dink ons het ’n goeie en geskikte wedstrydplan en sal die kragmeting aanvallend benader. Volgehoue druk op Invincible-Cravenby sal telkens toegepas word en met die skep van doelkanse, kan ons die wedstryd wen,” het hy gesê. Deur hul doelkanse te benut en hul verdediging rotsvas te maak, kan Rangers hul teenstanders ore aansit.

Invincible se doelskieters sal daarvan weerhou moet word om doele te skiet en dit kan net gebeur as jy hulle van balbesit ontsê. Hier sal die middelskakels van Rangers hul kant moet bring.

. UWK reis na Bellville-Suid om teen Bellville United kragte te meet.

Vir UWK is dit ’n belangrike kragmeting, want ’n wen sal deurslaggewend wees. ’n Oorwinning sal verseker dat hulle hul plek bo-aan die punteleer behou. Dit sal egter nie so maklik wees nie, want Bellville kan nie sommer afgeskryf word nie. Hoewel Bellville nie oor dieselfde uitmuntende spelers as UWK beskik nie, sal hy moeilik op sy tuisveld onttroon word. Bellville United het nie net die tuisveldvoordeel nie, maar hy kan UWK onttroon van die eerste plek.

. Bellstar United ontvang besoek van Belhar Spurs op Symphony Park en laasgenoemde is die onbekende faktor in die liga.

Belhar Spurs het sover uitstekend gevaar en het verlede week vir Riverside Rangers met 2-0 geklop en beskik oor soveel alsydige spelers dat dit ’n uitstaande vertoning van enige span gaan verg om enigsins hond haaraf te maak. Spurs is tans op hul beste en ’n opwindende stryd word verwag.

. Die vonke gaan behoorlik spat wanneer Matroosfontein en United sake gaan uitspook. United het vanjaar op ’n drafstap begin, maar teen Matroosfontein kan sy vaart dalk gestop word.

Of die tuisveldvoordeel tot Matroosfontein se voordeel gaan wees, sal op die veld bewys moet word. ’n Taktiese wedstrydplan en ’n verbetering op sy laaste vertoning, sal Matroosfontein dalk bevoordeel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.