Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Sewesspanne spook sake uit

Twaalf o.19-skolerugbyspanne trek aanstaande Woensdag saam op die velde van die Hoërskool D.F. Malan vir TygerBurger en King Cars se jaarlikse Tygerbergstreek-sewestoernooi.

Terwyl elders ook o.19-sewestoernooie hierdie tyd van die jaar plaasvind, word die Tygerbergstreek se amptelike kampioen by dié saamtrek gekroon. Dit is vanjaar die 50ste keer dat hierdie toernooi plaasvind – wat ook beteken dat dit die oudste toernooi van sy soort in Suid-Afrika is.

Aangesien vanjaar se aanbieding beperk is tot 12 spanne (pleks van die gewone 16 deelnemers) neem dit ’n ietwat veranderde vorm aan. Die spanne is in vier groepe verdeel. Ná drie groepwedstryde deur elke span sal die vier afdelingwenners sake in die trofee-halfeindstryd uitspook. Die vier naaswenners van elke groep kom in die plaat-halfeindronde teen mekaar te staan.

Die ingeskrewe spanne is soos volg geloot: Afd. 1: D.F. Malan, De Kuilen, Scottsdene. Afd. 2: Brackenfell, HTS Bellville, Tygerberg-klub. Afd. 3: HS Bellville, Curro Durbanville, HS Tygerberg. Afd. 4: Bellville-Suid, Milnerton, Stellenberg.

Die spanne in afdeling 1 speel hul drie wedstryde teen die spanne van afdeling 2, terwyl die spanne van afdeling 3 teen hul eweknieë in afdeling 4 te staan kom. Die eerste wedstryde begin om 14:30 terwyl die eindstryde vanaf 17:30 sal plaasvind.

Bellville-Suid is die verdedigende kampioen. Die Bellvilliete het Brackenfell verlede jaar naelskraap in die eindstryd geklop.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.