Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Skolesport kan hervat

Die skrywe wat die krieketspelende skole in die Westelike Provinsie die afgelope week van Nuweland ontvang het, het groot blydskap tot gevolg gehad.

Wanneer die 2021-skooljaar in Januarie afskop, sal die Wes-Kaapse skole, ná vanjaar se viruspandemie, mekaar weer die stryd kan aansê – natuurlik met vele voorsorgmaatreëls en wedstryde wat slegs onder sekere voorwaardes afgehandel sal word.

Hoewel die skole vandeesweek inskrywingsvorms met die oog op die verskillende kompetisies vir volgende jaar ontvang het, het dit ook ’n skrywe ingesluit waarin skole meegedeel is dat hulle mettertyd ingelig sal word volgens watter voorskrifte die wedstryde afgehandel sal word.

Aangesien die 2021-skooljaar veel later sal begin as wat in die voorafgaande jare die geval was, sal daar gedurende die eerste kwartaal op net ses Saterdae in Februarie en Maart wedstryde kan plaasvind, aangesien die Menseregte-vakansiedag op 20 Maart die beginpunt van voorseisoense wintersport-aktiwiteite kan wees.

Inskrywings vir die Tygerbergstreek se verskillende WP Noordelike Stadsgebiede (WPNS)-kompetisies in 2021 sluit reeds eerskomende Vrydag.

Die WPNS bied weer sy ligakompetisies op Saterdae vir alle ouderdomsgroepe aan – weekdag-uitklopkompetisies vir o.19-, 0.15- en o.14-spanne, asook ’n ses-aan-’n-kant-toernooi vir o.19’s in die loop van 2021.

Die administrateurs van ander hoofstroom-somersportsoorte handhaaf nog ’n stilswye. Vroeër vandeesweek het die skole nog geen inligting oor die tennis- en atletiekbeplannings vir 2021 ontvang nie.

Skole wat moontlik nie die afgelope week ’n inskrywingsvorm ontvang het nie, moet voor die komende naweek e-pos stuur aan sarelburger@telkomsa.net.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.