Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Skolesport volgende jaar hervat

Augustusmaand is tradisioneel bekend as die tyd vir opwindende interskole- en tradisionele skolesport-kragmetings, maar vanjaar is dié tyd in ongekende stilte gehul.

Jongelinge se duur aangekoopte wintersportuitrustings en -toerusting kon toe nooit benut word nie weens die viruspandemie.

Mededingende sportaktiwiteite was gevolglik die afgelope wintermaande onmoontlik.

Sprake van ’n eerstespan-balkie op die wedstrydtrui en -hemp het eensklaps verdwyn. En trotse gesigte op spanfoto’s het toe nooit gerealiseer nie.

En die drome van matrikulante, wat so geweldig uitgesien het na ’n avontuurlike laaste skolesportjaar, lê aan skerwe.

Ook die afrigters en sportliggame se ampsdraers frons opmerklik van frustrasie.

Maar terselfdertyd, terwyl alle jeugdiges (en veral die matrikulante) in hierdie stadium die geleentheid het om alle aandag aan hul skoolwerk te wy, is een en almal (buiten die skoolverlaters) uitgelate angstig om aktiewe sportgeleenthede weer in Januarie met die begin van die nuwe skooljaar te hervat.

Een geringe troos vir die rugby-, netbal- en hokkie-ampsdraers is dat daar nie in hierdie tydstip veel geswoeg hoef te word aan wedstrydprogramme vir 2021 nie.

Die WP se hoërskole-rugbyunie het reeds – by monde van die sekretaris, Petrie Stofberg – laat weet dat die rugbywedstrydprogram vir aanstaande jaar reeds aan die skole gesirkuleer is.

Net ’n handjievol wysigings is aangebring aan die geskeduleerde program van 2020, wat toe nooit ten uitvoer gebring kon word nie.

Ander nuus in hierdie stadium is dat die Tony Stoops-toernooi vir o.19-spanne, wat inskrywings vanoor die hele land trek, in die Maart-skoolvakansie van die Hoërskool Brackenfell na die Hoërskool De Kuilen gaan verskuif.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.