Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Stellies koning in sewes

’n Drie in die doodsnikke van die eindstryd het die Hoërskool Stellenberg verlede Woensdag in Bellville TygerBurger en King Cars se seweman-rugbytoernooi vir o.19-spanne in die Tygerbergstreek laat wen.

Stellenberg en D.F. Malan het goed opgeweeg in die eindstryd en toe DFM kort voor die einde die voortou neem, het dit gelyk of hy vir die eerste keer as die kampioen gekroon sou word. Maar die Stellies het in die laaste sekondes teruggeslaan om met 28-24 te seëvier.

Die volledige uitslae is: Afdelings 1 en 2: Brackenfell 21, De Kuilen 7; D.F. Malan 34, HTS Bellville 5; Scottsdene 24, Tygerberg-klub 0; D.F. Malan 20, Tygerberg-klub 14; De Kuilen 28, HTS Bellville 0; Brackenfell 17, Scottsdene 0; De Kuilen 14, Tygerberg-klub 7; Scottsdene 14, HTS Bellville 10; Brackenfell 33, D.F. Malan 28.

Afdelings 3 en 4: Stellenberg 53, Melkbosstrand 0; Bellville-Suid 26, HS Bellville 10; HS Tygerberg 42, Milnerton 0; Bellville-Suid 19, HS Tygerberg 19; Milnerton 36, Melkbosstrand 0; Stellenberg 35, HS Bellville 12; Stellenberg 22, HS Tygerberg 17; HS Bellville 40, Milnerton 5; Bellville-Suid 73, Melkbosstrand 0.

Halfeindronde: Trofee: Stellenberg 19, Brackenfell 17; D.F. Malan 17, HS Tygerberg 7. Plaat: HS Bellville 17, De Kuilen 7; Bellville-Suid 56, Tygerberg-klub 0.

Eindstryde: Trofee: Stellenberg 28, D.F. Malan 24. Plaat: Bellville-Suid 19, HS Bellville 14.

. By HS Brackenfell se Netwerk-Makelaars-saamtrek vir o.16-spanne het Durbanville die beste gevaar deur vierde te eindig, terwyl Durbanville ook by die HS Monumentpark se Fieka-toernooi vir o.15’s die uiteindelike kampioen was ná ’n oorwinning oor HJS Paarl in die eindstryd. In HS Durbanville se Peter Buttner Sports-toernooi vir o.14-spanne is Durbanville eers in die eindstryd deur Paarl Gim gestuit.

. Fairbairn College het in Goodwood die o.19-saamtrek vir die kleiner rugbyskole oorheers en het in die eindstryd maklik met Parklands afgereken.

In ’n toernooi by Fairmont High het Kasselsvlei se o.17-span en Tygerberg-klub se o.15-span die beste gevaar toe hulle eers in die onderskeie eindstryde hul rieme styfgeloop het – in albei gevalle was dit teen Hamlets-klub.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.