Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Tiere verras deur

Twee interskole-rugbykragmetings die afgelope naweek het andermaal onderstreep wat so dikwels gebeur, naamlik dat die gunstelingspan so maklik die pad byster kan raak.

By HS Brackenfell het HS Tygerberg verras deur die Brakke met 19-8 te klop, terwyl De Kuilen vir die tweede agtereenvolgende jaar deurgeskuur het met ’n naelskraapse oorwinning van 19-17 oor Worcester Gimnasium.

Terwyl HS Tygerberg hom skuldig gemaak het aan swak besluitneming en met tye ook ewe swak verdediging, het Brackenfell, wie se voorhoede die botoon gevoer het, terselfdertyd hope moontlike puntekanse vermors.

Die Tiere – met 7-8 agter met die draaislag – het in die tweede helfte goed gebruik gemaak van die sterk noordwestewind in hul rûe en daarmee ’n oorwinning beklink wat vergoed het vir die groot nederlaag verlede jaar teen Brackenfell.

De Kuilen het eweneens veel beter as die Worcesteriete gebruik gemaak van sy puntekanse. Hoewel die wedstryd deurentyd betreklik gelykop verloop het, het die Kuile uiteindelik tog hul oorwinning verdien.

In die laaste sarsie ligawedstryde het D.F. Malan kleingeld gemaak van Khayelitsha/Nyanga en het danksy 13 drieë met 79-0 gewen.

Ook aan die wenkant was Monumentpark (66-0 t The Settlers), Tygerberg-klub (22-7 t Bergvliet), Fairmont (22-13 t Westerford), Milnerton (24-3 t Vishoek) en Melkbosstrand (24-19 t Hamlets-klub). Maar Bosmansdam het 17-27 teen Labori verloor.

. Buiten TygerBurger en King Cars se o.19-sewemantoernooi vandag (Woensdag) by HS D.F. Malan, word nog vier soortgelyke saamtrekke die komende Saterdag in die Tygerbergstreek afgehandel. Sestien skole sal sake uitspook by HS Brackenfell se o.16-toernooi, terwyl 16 o.15-spanne mekaar sal pak by HS Monumentpark. Durbanville bied sy jaarlikse o.14-toernooi aan waarby 12 skole betrokke sal wees. Fairmont High is die gasheer vir ’n o.17- en o.15-minisaamtrek.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.