Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Tygerberg se spanne trek aan kortste end

Die Tygerbergse spanne in die topafdeling van die WP se Super-rugbyliga het die afgelope week lelik aan die kortste end getrek.

In die agt wedstryde waarby die Tygerbergers verlede Woensdag en Saterdag betrokke was, is net twee oorwinnings beklink.

Hiervan was die mees prysenswaardige een die sege van 22-10 wat Brackenfell oor die Ikeys behaal het. Origens het die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) 31-22 met Villager afgereken.

Dieselfde twee oorwinnaars van Woensdag se reeks wedstryde het egter Saterdag albei vasgeval – Brackenfell met 28-34 teen die Victoriane en so ook UWK met 23-25 teen Schotsche Kloof/Walmer. In ander wedstryde was eweneens aan die verloorkant die spanne van Tygerberg-klub (25-28 t die Victoriane), Noordelikes-Tygerberg (13-79 t die Maties en 15-45 t Valsbaai) en Belhar (3-148 t Maties).

Bellville het in die B-afdeling van die Superliga ’n skitterende oorwinning behaal toe hy Paarl, die voorloper op die punteleer, met 32-23 geklop het.

Kuilsrivier bly ook onder die voorlopers in dié afdeling ná sy sege van 23-18 oor Collegains.

Kraaifontein het egter ’n opstopper van 76-17 by Franschhoek gekry. In afdeling C was Goodwood met 26-8 bobaas teen Strand United terwyl Scottsdene 38-38 gelykop gespeel het teen Strand-klub.

Vanaand (Woensdag) speel Unie-Milnerton tuis teen die Maties. Saterdag se program (tuisspan eerste) is: Tygerberg-klub t SK/Walmer, Belhar t UWK, Hamiltons t Brackenfell, Unimil t Victoriane, Ikeys t Durbell, Kraaifontein t Pniël Villagers, Hands & Heart t Helderberg, Hamlets t Bellville, Primrose t Kuilsrivier, Scottsdene t Manenberg, Sir Lowrians t Goodwood, Elsiesrivier t Macassar.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.