Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Tygerbergse krieketspanne steeds bo in WP

Die krag van die Westelike Provinsie se klubkrieket is steeds in die Tygerbergstreek gesetel. Dit is andermaal bevestig met die afgelope naweek se wedstryde.

Van die agt eendaagse wedstryde Saterdag in die topligas was Tygerbergse spanne in sewe daarvan aan die wenkant. Sondag het die Tygerbergers vier van die ses kragmetings gewen.

Durbanville, Bellville en Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) was oorwinnaars in albei hul wedstryde. Nadat Bellville (153/3) met behulp van veral Wikus van Vuuren (63*) en Lennert van Wyk (45) Rondebosch ’n sewepaaltjie-nederlaag toegedien het, was Bellville (251/8) Sondag ook met 124 lopies te sterk vir die klub Ottoman. Van Wyk (103), Van Vuuren (52), Niel Botha (51) en Dewald Botha (5/24) was in hierdie geval die uitblinkers.

Durbanville het Kaapstad (69) met 5 paaltjies verslaan en daarna Claremont (91) met 7 paaltjies gekou. Kuda Samunderu (3/18) en Tashwin Lukas (3/22) was die boulers wat die Durbies op die wenpad teen Claremont geplaas het. UWK het Victoria (131) met 6 paaltjies gelooi, danksy Quinton Dreyer (3/16) en Zubayr Hamza (47) waarna UWK Sondag op uiters spannende wyse Brackenfell (149) met een paaltjie geklop het. Aviwe Mgijima (3/16) en Adrian du Toit (37) was die wenspan se staatmakers, terwyl Mark Andrionatos (46*) Brackenfell se enigste kolwer was wat die boulwerk kon bemeester. Andrionatos was met sy 59 lopies ook Saterdag die Brakke (185/7) se uitblinker in die nederlaag met 3 paaltjies teen die WP-klub.

Milnerton (261/4) was gans te sterk vir Langa (90) – met Luke Petersen (132), Ryan Milne (54) en Zarin Hardenberg (4/10) die uitblinkers – maar toe ky Milnerton (165) ’n agtpaaltjie-opstopper van WP-klub toe Justin du Toit (50) en Matthew Kleinveldt (40) nie genoegsame indersteuning van hul spanmaats gekry het nie. Edgemead (167/1) het Groenpunt (165) behoorlik gelooi terwyl Dylan Verreyne (88*), Aaron Wilke (64*) en Justin de Jager (4/21) die toon aangegee het.

Tygerberg-klub (160) het Kraaifontein (129) se oorwinningstog gestuit, met behulp van veral Fronic Kasner (39) en Andley Adams (3/15). Maar die volgende dag het die Kraaie (183) deeglik klaargespeel met Primrose (91). Darryl Losper (93), Rezza Gaznavi (53) en Seth Fledermaus (5/29) was die wedstrydwenners. Noordelikes-Goodwood (123/6) was ook Primrose (122) se meerdere toe die boulwerk van Pieter Verwey (4/29) en Ian Cockbain (3/18) die botoon gevoer het. Sondag het die Goodwood-span (170) egter hul rieme teen die span van United (174/6) styfgeloop.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.