Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Tygerbergspanne wen in Superliga

Durbanville-Bellville, Unie-Milnerton, Tygerberg-klub en Brackenfell het almal goeie oorwinnings behaal in die afgelope naweek se jongste reeks rugbywedstryde in die A-afdeling van die WP se Superliga.

Durbell het met sy sege van 12-7 oor Hamiltons verseker dat hy hierdie seisoen minstens in die derde plek (ná die Maties en Valsbaai) op die punteleer sal eindig, terwyl Unimil se slagting van 63-24 van Belhar dié span nou na die vierde plek op die punteleer laat klim het. Dit is sy beste posisie in baie jare. Unimil het altesame 11 keer agter die Belhar-doellyn gaan kuier.

Tygerberg-klub is ná ’n paar terugslae weer op die wenpad danksy ’n bonuspunt-oorwinning van 34-33 oor die Universiteit van Kaapstad.

Brackenfell was met 32-8 te sterk vir die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK).

In ’n uitgestelde wedstryd is Noordelikes-Tygerberg (NTK) met 55-40 deur die Victoriane geklop. NTK se lakwerk het hom andermaal in die steek gelaat, met die Stellenbosse studente wat nege keer gaan druk het.

In die B-afdeling van die Superliga het dit minder goed gegaan met die Tygerbergers – buiten met Bellville, wat met sy sege van 44-27 oor All Saints steeds onder die voorbokke op die punteleer is.

Kuilsrivier is naelskraap 33-32 met deur Hamlets getroef, terwyl Kraaifontein (15-25 t Helderberg) en Hands & Heart (13-21 t Primrose) ook in die stof gebyt het. In afdeling C was Goodwood (27-26 t Blue Jets) en Elsiesrivier (18-17 t Young Wesleys) albei aan die wenkant.

Die naweek se program (tuisspan eerste) is: Durbell t Tygerberg-klub, Brackenfell t Valsbaai, Unimil t die Ikeys, UWK t NTK, SK/Walmer t Belhar, Kuilsrivier t Bellville, Hands & Heart t Paarl, Collegians t Kraaifontein, Scottsdene t Langa, Strand t Goodwood, Elsiesrivier t Manenberg.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.