Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Unimil ryg 12 drieë in; Durbell buig knie

In ’n naweek van amperse oorwinnings en naelskraapse nederlae in die WP se Superliga-rugbykompetisie was dit die span van Unie-Milnerton wat die kalklig gesteel het met ’n wegholsege teen Schotsche Kloof/Walmer.

Unimil het 12 drieë opgestapel om die Bo-Kaapse span 78-13 te verslaan.

Maar dit was ook ’n dag waarop Durbanville-Bellville sy eerste nederlaag hierdie seisoen gely het, terwyl Brackenfell so byna ook op sy baadjie gekry het. Durbell was, danksy ’n rustydvoorsprong van 31-13, fluks op pad na ’n oorwinning oor die bulspan van Valsbaai, maar in die tweede helfte het Valsbaai die pedaal dieper ingetrap om met ’n wentelling van 37-34 deur te skuur.

Die onoorwonne Brackenfell het op Brookside so byna dinge laat glip, maar kon darem met 17-17 ’n gelykopuitslag afdwing.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.