Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
UWK blink uit teen Hammies; verloor net-net teen Valsbaai

’n Uitstekende vertoning deur die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK), ’n goeie oorwinning vir Unie-Milnerton, maar Noordelikes-Tygerberg (NTK) wat ’n sege wegsmyt, was opvallende kenmerke van die afgelope reeks Superliga-rugbywedstryde in die WP.

Nadat UWK vroeër in die week skitterend vertoon het deur die spogspan van Hamiltons met 35-24 af te stof, het UWK Saterdag so byna ’n opskudding veroorsaak in sy kragmeting teen Valsbaai, een van die voorlopers op die punteleer in die topafdeling. Die studentespan is naelskraap met 33-31 geklop.

Unie-Milnerton bly saam met Durbanville-Bellville steeds onder die voorbokke op die punteleer ná sy oorwinning van 24-19 in die derbykragmeting teen Brackenfell.

Durbell het 10 keer agter die doellyn van Schotsche Kloof/Walmer gaan kuier in sy wegholsege van 62-12. Tygerberg-klub (7-99 t die Maties) en Belhar (24-69 t die Ikeys) het egter kwaai loesings op die lyf geloop.

NTK, wat in sy wedstryd teen Villager skuins voor rustyd ’n voorsprong van 33-14 gehad het en duidelik in beheer van sake was, het daarna skielik lam in die bene geraak. Vrotsige verdediging deur die Parowiete het meegebring dat die besoekers met 52-48 gewen het. In afdelings B en C van die Superliga was Kuilsrivier die enigste span in die Tygerbergstreek wat die pyp kon rook. Die Kuile het Kraaifontein met 43-25 geklop, terwyl Bellville (28-29 t Vineyards), Hands & Heart (12-17 t Collegians), Scottsdene (32-36 t Manenberg) en Elsiesrivier (23-33 t Vusy Bees) die spit afgebyt het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.