Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Waardevolle sege vir UWK

Die rugbyspan van die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) het die afgelope naweek ’n waardevolle oorwinning oor Belhar in die WP se Superliga behaal.

Dit is nou daardie kritieke tyd van die seisoen dat spanne spartel om afskuiwing na ’n laer liga vry te spring, of andersins poog om bevordering na ’n hoër liga te bekom.

En UWK het met sy sege van 34-7 in ’n groot mate versekering uitgeneem om sy posisie in die topafdeling te beveilig.

Durbanville-Bellville (31-12 teen die Ikeys) en Unie-Milnerton (37-26 t die Victoriane) het op hul beurt oorwinnings beklink om onder die voorbokke in die A-afdeling te bly.

Brackenfell (15-41 t Hamiltons) het egter ’n terugslag gehad terwyl Tygerberg-klub 10-10 gelykop gespeel het teen SK/Walmer.

In die B-afdeling van die Superliga het Bellville sy aanspraak op promosie na die topafdeling versterk deur Hamlets met 25-10 te klop, maar Kuilsrivier (26-26 t Primrose) het ietwat van ’n terugslag gehad.

Kraaifontein, wat hard spook om afskuiwing vry te spring, het blink vertoon om Pniël Villagers 33-26 te klop, maar vir Hands & Heart (8-22 t Helderberg) lyk die prentjie nie so rooskleurig nie.

In afdeling C maak Goodwood steeds stem dik ná sy 26-0 afranseling van Sir Lowrians en bevordering na die B-afdeling is nie uitgesluit nie. Maar Scottsdene (8-13 t Manenberg) en Elsiesrivier (10-24 t Macassar) het klei getrap. Die komende naweek se program (tuisspan eerste) is: Durbell t SK/Walmer; Unie-Milnerton t Brackenfell; Maties t Tygerberg-klub; Noordelikes-Tygerberg t Villager; UWK t Valsbaai; Kuilsrivier t Kraaifontein; Bellville t Vine-yards; Collegians t Hands & Heart; Manenberg t Scottsdene; Busy Bees t Elsiesrivier.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.