Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Wen brons met beseerde knie

Ná 37 jaar wat J.P. Müller (46) van Brackenfell karate beoefen, het hy pas mededingend teruggekeer toe hy vir die eerste keer aan 2018 se World Union of Karate-Do Federations (WUKF)-wêreldkaratekampioenskap in Skotland deelgeneem het.

Müller spog met ’n bronsmedalje in die mansveterane se ope swartgordel-kumite-afdeling.

“Dit was my eerste keer wat ek oorsee kon deelneem. Karate word nie geborg soos ander sportsoorte nie en ons betaal alles uit ons eie sak. Ek was al gekies om voorheen internasionaal te gaan deelneem, maar weens werkverpligtinge en finansies kon ek nie gegaan het nie.

“Dit was ’n ongelooflike ervaring en iets wat ek altyd sal onthou en koester. Daar was meer as 2 000 deelnemers van meer as 40 lande. Dit was regtig iets om te beleef,” sê Müller.

Müller se droom was so byna verpletter toe hy ligamente in sy linkerknie geskeur het en deur ’n ortopedis aangeraai is om homself te onttrek.

“Ek was verpletter! Ek het vir meer as ’n jaar voorberei vir die kampioenskap. Ek het met my fisioterapeut, Faan Fourie, gepraat en hy het geweet hoe ek voel. Dis toe dat ons saam besluit dat ek wel gaan deelneem. Faan het my baie gehelp met rehabilitasie en my geleer hoe om my knie korrek en stewig te verbind. Ek het sy raad gevolg, maar dit was sielkundig baie moeilik vir my,” sê Müller.

Hy het sy eie karateskool, die Brackenfell Karate Academy, wat sy trots is.

Shotokan is ’n dissipline vir beide die verstand en liggaam en bevoordeel kinders en volwassenes van alle ouderdomme.

Gereelde beoefening van die dissipline versterk die hele liggaam, terwyl dit terselfdertyd die ontwikkeling van selfdissipline en goeie karakter bevorder.

Benewens die praktiese voordeel van selfverdediging, is karate ook ’n uitstekende vorm van oefening.

Dit verbeter selfvertroue, koördinasie, konsentrasie en fokus, en bevorder ’n positiewe gesindheid en ’n gesonde leefwyse.

Hy fokus nou daarop om sy knie heeltemal te rehabiliteer met die oog op volgende jaar se wêreldkampioenskap in Slowakye.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.