Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
WP-netbalkrag bly in D’ville

Die krag van die WP se skolenetbal is steeds in Durbanville gesetel.

Tydens die eindstryde die afgelope Saterdag van die Kaapstad-hoërskoolnetbalunie (voorheen bekend as die WP-unie) op die bane van die HS Bellville het die spelers van Hoërskool Durbanville en HS Stellenberg die Premierliga geheel en al oorheers.

HS Durbanville het op die wennerspodium gestaan van die o.19-, sowel as o.16-afdelings, en daarby het die Durbies tweede geëindig in die o.17-, o.15- en o.14-afdelings.

Laasgenoemde drie afdelings is deur Stellenberg gewen, terwyl die Stellies ook derde in die o.19-kompetisie en tweede in die o.16-afdeling geëindig het.

Maar hierdie twee skole se prestasies het nie daar geëindig nie. Stellenberg se B-spanne het boonop met die louere weggestap in die o.15- en o.14-afdelings van die eerste liga.

Durbanville was op sy beurt tweede in dieselfde twee afdelings. – Sarel Burger

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.