Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tygerburger
Elke haartjie val in sy plek vir D’ville-stilis
hare

Dit was nooit die plan om in haar ma se haarkappervoetspore te volg nie, maar vir ’n jong haarstilis van Durbanville het die meetsnoere reg in plek geval.

Mia Crous (24), wat so te sê grootgeword het met ma Erina wat eers klas in haarkappery gegee het en die afgelope 12 jaar ’n haarsalon van haar huis af bedryf, vlieg op 27 September na Toronto, Kanada. Daar gaan sy teen 419 ander haarkappers meeding in die Goldwell KMS Global Zoom 18 World Artist-kompetisie. Sy het haar pad vanuit die staanspoor na dié prestigeryke kompetisie geplavei met ’n hele rits prestasies.

Mia, ’n oud-Durbie, het ná skool in 2013 besluit om ’n kursus in haarkappery by die Northlink-kollege te studeer tot sy besluit het wat sy met haar lewe wil doen. Haar loopbaan het egter vinnig vlerke gekry toe sy reeds in haar tweede jaar die een na die ander kompetisie by die kollege begin wen het. In 2015 het sy ’n derde plek in haar eerste kompetisie, die WP World Skills Championships, behaal en verras toe almal toe sy by die National World Skills Championships in Kaapstad as die algehele wenner aangewys word. Sy is toe gekeur om Suid-Afrika in Augustus 2016 in São Paulo in Brasilië by die wêreldkompetisie te gaan verteenwoordig. Dit was ’n taai jaar, want sy moes elke naweek heen en weer Johannesburg toe vlieg vir opleiding.

Sy het ook in haar tweede jaar saam met studente van Northlink-kollege deelgeneem aan ’n jaarlikse vriendskaplike internasionale kompetisie teen die Stockport- en Kendal-kolleges in London. In haar derde jaar het hierdie twee kolleges weer na Suid-Afrika gekom en Mia het in beide hierdie kompetisies skoonskip gemaak. In 2015 het sy die junior afdeling van die Employers Organisation for Hairdressing, Cosmetology and Beauty (EOHCB) se Westelike Provinsie-kompetisies gewen. Vanjaar in Mei het sy die senior afdeling van dié kompetisie gewen.

Mia het ook nege maande in die Lotus Spa op die Golden Princess-passasierskip gewerk en is onder meer gekies om in Sydney, Australië die hare en grimering te doen vir ’n verfilmingsessie. Sy is ook gebruik vir ’n TV-advertensies en het die hare en grimering gedoen vir ’n verfilmingsessie van die Cameo-reek van Young Designers Emporium (YDE).

Vanjaar het sy in samewerking met Modern Hair, Wella en Aubrey Loots, ’n bekende internasionale stilis, agter die skerms gewerk aan modelle se hare vir die Cape Town Fashion Week. By nóg ’n geleentheid het sy saam met MAC Cosmetics modelle se grimering by die Cape Town Carnival gedoen. Sy neem ook sedert 2014 deel aan Kansa se shavathons.

Mia is vanjaar aangewys as een van die top5-finaliste in die “new talent”-kategorie van die Color Zoom Challenge SA kompetisie. Foto’s van hul werk is in Duitsland beoordeel om die wenner te bepaal – niemand minder as Mia nie!

Sy is nou druk besig met voorbereidings vir haar deelname aan die Goldwell KMS Global Zoom 18 World Artist-kompetisie in Toronto. Sy word vergesel deur haar model, Nicky Novyava, oorspronklik van Rusland.

Haar kunstige streep hou nie by hare op nie – sy skilder ook, bak en maak sedert sy klein is juweliersware. Sy hou ook van avontuursport. Stem vir haar by goldwell.com/stylistsfavorite.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.