Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tygerburger
Eversdal-vrou vermoor, verdagte dalk op kamera

Die polisie ondersoek die moord van ‘n vrou, na verneem word Hillary van Rooyen (53), wat op Dinsdag 9 Mei dood in haar Eversdal-huis in Kaapstad gevind is.

TygerBurger is net ná 15:00 na die toneel in Sondalstraat, waar talle polisievoertuie, polisielede, forensiese personeel, ambulansdienste en privaat sekerheidspersoneel teenwoordig was.

Ambulanspersoneel het die toneel verlaat sonder die liggaam, en kort daarna het die lykswa opgedaag.

By navraag oor wat presies gebeur het, het diegene buite die huis verkies om geen kommentaar te lewer nie. Twee mans en ‘n vrou was sigbaar ontsteld.

TygerBurger het verskeie navrae aan die Durbanville-polisie gerig om uit te vind wat gebeur het, maar het teen Woensdagoggend om 07:00 nog geen terugvoer ontvang soos beloof is nie.

TygerBurger het van ‘n plaaslike buurtwag-Whatsapp-groep se inligting verneem wat die vrou se naam is, en dat sy glo ’n inbreker(s) in haar huis verras het, waarna sy toe aangeval en vermoor is.

’n Bron na aan die ondersoek het aan TygerBurger bevestig die vrou is deur haar seun gevind, en dat sy glo met ’n stomp voorwerp vermoor is.

Stukkies glas, soos dié van ‘n voorwerp soos ‘n glaspot, is glo ook op die vloer gevind, volgens die bron. Daar is nog nie bevestig of daar enige ander items behalwe ‘n selfoon soek is nie.

Die huis, in ‘n besige straat naby die Laerskool Eversdal, is reg oorkant ‘n gewilde vulstasie en kruidenierswinkel.  

Volgens TygerBurger se bron wys ‘n video-opname deur die kruidenierswinkel hoe ‘n man om 12:00 oor die huis se hek gespring het en weggeloop het. Die bron wou nie spekuleer oor hoe die man lyk nie, en of dit wel die moordenaar kon wees nie.

Die provinsiale polisiediens het intussen bevestig dat die lyk van ‘n 53-jarige vrou binne die huis gevind is.

Sers. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder, het gesê die Durbanville-polisie het om 13:48 by die toneel aangekom, waar die lyk op die vloer gekry is.

Die omstandighede rondom die insident word nog ondersoek.

“Ek kan bevestig dat ‘n saak van moord geopen is en ondersoek word. Verdagtes moet nog gearresteer word,” het Rwexana gesê.

Teen 20:30 Dinsdagaand was die lykswa nog buite die huis.

Van Rooyen se eggenoot, Derick, wat in die versekeringsbedryf werk, was ook op die toneel.

Meer oor:  Kaapstad  |  Durbanville  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.