Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tygerburger
Groen voertuie baat kliënte ook
groen

Daar gons deesdae ’n paar elektriese sekerheidsvoertuie deur die strate van Monte Vista en omliggende areas.

Dit gaan oor volhoubaarheid – en dit is meer as net ’n gonswoord. Met die immer stygende brandstofprys maak dit sin vir sekerheidsmaatskappye wat baie kilometers op patrollie ry om ’n alternatief te oorweeg.

District Watch (DW) vermoed hulle is een van die eerste sekerheidsmaatskappye in die land wat elektriese voertuie gebruik.

Hoewel hulle dít nie met sekerheid kan sê nie, sê Pierre Gouws, eienaar van DW, maak dit beslis sakesin.

DW het in April vanjaar sy eerste elektriese voertuig, ’n BMW i3 met ’n bystandkragopwekker, aangekoop. Gouws sê elkeen van hul gewapende reaksie-voertuie lê tussen 120 en 180 km tydens ’n skof van 12 uur af, wat op ’n aansienlike koste net aan petrol neerkom. Daarteenoor kan ’n elektriese voertuig 220 km op ’n enkele lading aflê.

Gouws sê dit beteken dat hulle nie hul patrollies hoef te verminder of hul kliënte se fooie te verhoog weens die hoë petrolprys nie. Dit het hul werkswyse in so ’n mate verander dat daar in Junie besluit is om nog twee voertuie aan te skaf.

Die aankoop van die voertuie was ’n aansienlike uitgawe, maar vanweë minder bewegende onderdele is daar amper geen onderhoud aan die voertuie nie. Dus behoort hulle vroeër as wat aanvanklik gedink is ’n positiewe balans op hul belegging te sien, sê Gouws.

Hy sê dit is nie net ’n volhoubare oplossing nie, maar verhoed die vermorsing van natuurlike hulpbronne, dit dra by tot ’n gesonde werksomgewing, verminder geraasbesoedeling en is kostedoeltreffend.

Die skelms sal nou baie aandagtig moet luister om te hoor wanneer een van die voertuie aankom en boonop is daar geen uitlaatgasse nie.

Gouws sê hulle het verskeie aanbiedinge van verskillende diensstasies, sakeondernemings en woonkomplekse gekry om die voertuie vir kort rukkies daar te kom herlaai omdat mense besef die teenwoordigheid van DW se gewapende reaksiebeamptes dien as ’n bykomende afskrikmiddel.

Gouws is oortuig dat hulle op die regte pad is en sê by DW poog hulle deurgaans om hul koolstofvoetspoor te verklein. Hoewel die aanvanklike kapitaaluitleg duur was, neem die bedryfskostes met tyd af. Hy sê dis belangrik vir sakeondernemings wat mededingend en volhoubaar wil bly in ’n veranderende wêreld om die doeltreffendste oplossings vir hul kliënte te vind.

Vertel TygerBurger wat jy van hierdie berig dink by briewe@tygerburger.co.za.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.