Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tygerburger
Vermeende ontvoerder gesoek
police

Die polisie is op soek na die man wat betrokke was by die ontvoering van ’n agtjarige meisie in Goodwood op Saterdag 1 September.

Volgens ’n verklaring van sers. Noloyiso Rwexana is foto’s van die verdagte van kamerabeeldmateriaal af verkry.

Die verdagte het blou jeans, ’n blou-en-swart baadjie en swart tekkies aangehad ten tyde van die voorval. Die man het vanaf Goodwood met die kind langs die spoorlyn in die rigting van Century City gestap.

Die kind kon daarin slaag om weg te kom en hulp te soek.

Die identiteit van die verdagte is nog onbekend. ’n Saak van ontvoering word ondersoek.

Skakel ao.Edward Jaftha van die Bellville- kinderbeskermingseenheid  by 021 590 1001 of 082 522 1095 met enige inligting.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.