Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tygerburger
Vrou vas oor daggakwekery in Brackenfell
police

Die Brackenfell-polisie het op Dinsdagaand 11 September ’n 31-jarige vrou in hegtenis geneem nadat ’n daggakwekery in haar huis gevind is.

Die Stad se Metropolisie- en honde-eenheid het die huis die afgelope twee weke dopgehou, nadat inligting ontvang is oor ongerymdhede by die huis, aldus inligting wat deur die Stad Kaapstad verskaf is.

Luidens die inligting het die polisie die huis Dinsdagaand deursoek en op twee kweektente in twee verskillende kamers afgekom. Chemikalieë, twee sakkies dagga en ’n houer daggasade is ook in beslag geneem.

“Die vrou, wat die huis huur, het erken dat sy die dagga vir persoonlike gebruik kweek,” het ’n woordvoerder van die Stad gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.