Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
UD-Express
Boere kry groenlig vir kragverskaffing

AGRI SA het in ’n mediaverklaring die goedkeuring van die minister van mine-rale hulpbronne en energie vir die nasio-nale energiereguleerder van Suid-Afrika (NERSA) om voort te gaan met lisensie-aansoeke vir selfopwekkingsfasiliteite van meer as 1MW en die verwerking daarvan, verwelkom.

Dié goedkeuring beteken dat dit nie meer vir voornemende aansoekers nodig is om ministeriële goedkeuring te kry vir die afwyking van die IRP 2019 alvorens hulle aansoek by NERSA doen om ‘n lisensie te bekom nie.

Agri SA sê dit is gunstig vir die landbousektor en boere kan nou hernubare energiebronne groter as 1MW installeer. Die goedkeuring maak ook voorsiening vir die oordrag van elektrisiteit en, addisioneel tot regulatoriese en administratiewe blokkasies wat uit die weg geruim is, is daar ’n geleentheid vir boere om in die vryemark oorskot elektrisiteit te verkoop.

Gegewe die elektrisiteitsbeperkings wat die land ervaar, is Agri SA van mening dat dit ’n positiewe stap is om die druk van Eskom te verlig, aangesien onafhanklike verskaffers nou die mark kan betree.

Stabiele kragtoevoer is noodsaaklik vir ontwikkeling en speel ’n kritieke rol in ekonomiese groei, wat ons land brood- nodig het om maatskaplike probleme te help verlig.

Landbou is ’n belangrike sektor om hierdie doel te bereik.

(Uitgereik deur Agri SA)

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak UD Express Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.