SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
UD-Express
Brandweer-broers op pad na wêreldspele
Alton (links) en Riaan Senekal is oppad na die 13de Brandweerspele in Suid-Korea.

Twee brandweer-broers van Uitenhage se krag, fiksheid, uithouvermoë sowel as presiesheid is op die spel met hul deelname aan die wêreld-brandweerspele wat eerskomende Maandag in Chungju, Korea begin.

Dit sal die 4de brandweerspele wees waar Alton Senekal (44) deelneem. Vir sy broer Riaan Senekal (47) is dit ’n 5de wêreld-brandweerspele agter sy naam. Albei was as wêreldkampioene gekroon by vorige speles, Alton (2010 en 2012) in muurbal en Riaan in hamergooi (2010 en 2012). Die Suid-Afrikaanse toutrekspan, waarvan hulle deel was, het in 2010 gewen.

Vanjaar gaan die Senekal-broers vir die eerste keer as ’n span deelneem aan perdehoefgooi, ’n sport wat min of meer soos jukskei is. En natuurlik is hulle wéér ingesluit in die toutrekspan.

Riaan gaan spiesgooi, skyfwerp, gewigstoot, hamergooi, 2km trappe-hardloop teen ’n berg op sowel as kragoptel doen. Hy is in die meesters B-kategorie en Alton neem deel in die meesters A-kategorie.

Wat dié speles spesiaal maak, is die saamkuier en stories van ander brandweermanne. Ons vertel van ons groot brande hier wat ons moes blus, maar dan luister jy na ouens wat in die Twin Towers was!
Alton Senekal

“Ons is altyd redelik fiks, maar so 6 maande voor ’n spele skerp ons dit behoorlik op. In dié tyd het ek 20kg afgegooi. Ek voel goed en is reg vir die uitdagings,” sê Riaan.

“Die kompetisie is baie taai, maar lekker. Wat regtig awesome is, is die kameraadskap tussen brandweermanne van regoor die wêreld.”

Alton het ingeskryf vir muurbal (enkel- en dubbelspel).

Riaan (links) en Alton Senekal.

“Ek gaan ook in die ope-afdeling vir muurbal deelneem. Dit is tough want ek is al 5 jaar oor die ouderdomsperk, maar ek sien kans vir die jonger outjies,” sê Alton.

Die Senekal-broers is die enigste Oos-Kapenaars in die span van 10 Suid-Afrikaners wat aan dié 13de wêreld-brandweerspele gaan deelneem.

Sowat 6 000 brandweermans en -vroue van 50 lande regoor die wêreld gaan aan 75 items deelneem.

“Wat dié speles spesiaal maak, is die saamkuier en stories van ander brandweermanne. Ons vertel van ons groot brande hier wat ons moes blus, maar dan luister jy na ouens wat in die Twin Towers was!” sê Alton.

Riaan sê sodra hulle terugkom begin hulle dadelik beplan om die volgende wêreldspele by te woon.

“Waar dit gaan wees weet ons nog nie, dit word eers aan die einde van ’n spele aangekondig.”

Die Senekals is beide vir meer as twee de-kades verbonde aan die KwaNobuhle brandweerstasie waar hulle stasie-offisiere is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak UD Express Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.