Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
UD-Express
Despatch-duif blink uit in Miljoen Dollar-wedvlug

’n TOTAAL van 1 548 wedvlugduiwe van regoor die wêreld het vanjaar aan die 24ste Miljoen Dollar-wedvlug deelgeneem. ’n Duif van Despatch was die eerste Suid-Afrikaanse duif wat die afstand voltooi het.

Dié gesogte wedvlug wat oor ’n afstand van 600km gevlieg is, is op 1 Februarie gehou en duiwe uit 36 verskillende lande het deelge- neem.

’n Duif van Romenië was die wenner wat gesorg het dat sy eienaar nou met ’n stywe bedrag in die bank sit.

Boertjie Nell van Despatch Posduifklub, die plaaslike kampioen, het die Oos-Kaap en Suid-Afrika se naam hoog gehou toe sy duif, Handicap, in die 16de posisie klaargemaak het. Handicap was die eerste Suid-Afrikaanse inskrywing wat klaargemaak het.

R750 000 bod op wenduif

Dit was nie die eerste keer dat ’n duif van Nell by die Miljoen Dollar-wedvlug gepresteer nie.

In 1998 het een van sy duiwe die algehele derde plek behaal.

Die eerste 50 duiwe wat die Miljoen Dollar-wedvlug voltooi het word tans aanlyn verkoop. Die bod op die wenduif staan tans op ’n almintige R750 000.

  • Die plaaslike duiwe-boere word herinner aan die Uitenhage Despatch Federasie se algemene jaarvergadering wat vandag, Donderdag, 13 Februarie gehou word. Ook aan die OPDU se jongduifveiling wat Saterdag, 15 Februarie plaasvind.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak UD Express Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.