Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
UD-Express
DP groet ’n gentleman Tier

HTS Daniel Pienaar op Uitenhage het onlangs afskeid geneem van sy senior adjunkhoof, Koenie Strumpher, wat na dekades in die onderwys, afgetree het en nou in die Paarl woon.

Sy eerste onderwyspos was by Hoërskool Jansenville waar hy sy vrou Mariëtte ontmoet het. Daarna was hy vir 32 jaar verbonde aan Hoërskool Despatch waarna hy by HTS Daniel Pienaar as senior adjunkhoof aangestel is.

Koenie Strumpher, HTS Daniel Pienaar se adjunkhoof, het afgetree en woon nou in die Paarl. Foto:VERSKAF

In ’n afskeidsboodskap aan Strumpher, het HTS Daniel Pienaar se skoolhoof, Kola du Toit, verwys na sy vrugtevolle onderwysloopbaan wat hy by die Tiere afgesluit het.

“Hy was ons Tiere se ‘gentleman’, ’n wyse en kalm man wie se werketiek en strewe na uitmuntendheid navolgingswaardig is,” sê Du Toit.

“Sy innemende en sagte hart, sy uitstekende sin vir humor, die feit dat hy altyd die mooi in iemand sien en sy absolute nederigheid het hom ’n voorbeeld vir ander gemaak.”

Meneer Koenie, soos die Tiere graag na hom verwys het, is ’n boorling van die gemeenskap en was in Laerskool Tjaart van der Walt, waar hy ook hoofseun was, sowel as by Hoërskool Otto du Plessis waar hy gematrikuleer het. Hy het aan die onderwyskollege in Port Elizabeth en in Graaff-Reinet, asook aan Unisa en die destydse UPE gestudeer.

As begaafde rugbyspeler wat vir NOK en ook OP Curriebeker gespeel het, het Strumpher ’n bepalende invloed op skolerugby gehad. Hy het onder andere die SA Akademiespan afgerig en was ’n keurder vir OP Skole-rugby sowel as vir die OP o.19 spanne. Hy was ook ’n keurder vir die OP skolekrieket se o.15 spanne.

“Op akademiese gebied was Meneer Koenie ’n gesaghebbende leerkrag as adjunkhoofnasiener van die NSS-eksamen en die aanbieder van rekeningkundewerkswinkels,” sê Du Toit.

Nico Schmidt, beheerliggaamvoorsitter van Daniel Pienaar en ook oudskolier van Meneer Koenie, het hom in sy toespraak bedank vir sy invloed oor dekades in die lewens van leerders. Hy het ook die wens uitgespreek dat Strumpher en sy vrou, Mariëtte, ’n geseënde aftrede in die Paarl naby hul kinders, Marelize en Koenie en hul gesinne, sal geniet.

“Mense wat vir Koenie ken, glimlag altyd wanneer hy aangeleenthede waaraan hy hulle wil herinner, saamvat deur daarna in terme van ‘net twee dinge’ verwys. Nou sê ons vir hom, net twee dinge Meneer Koenie: jou gemeenskap gaan jou mis en geniet jou lewe as afgetredene,” sê Du Toit.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak UD Express Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.