Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
UD-Express
FARR se deure oop vir swanger vroue én die gemeenskap
FARR personeel in Kirkwood (van links) is Beulah Grobler (FARR projekkoordineerder), Babalwa Rooi en Rozaan Joubert (gemeenskapswerkers).Foto:VERSKAF

’n Projek wat fokus op die nadelige effekte van alkoholmisbruik en spesifiek Fetale Alkohol Spektrum Afwykings (FASA) het vanjaar op versoek van die Kirkwood-gemeenskap in die Sondagsriviervallei begin.

Aan die stuur van die projek, wat slegs op uitnodiging in geïdentifiseerde probleemgebiede aangebied word, is Dr. Leana Olivier, die hoof uitvoerende bestuurder van Foundation For Alcohol Related Research (FARR).

“Om fetale alkohol spektrum-afwykings doeltreffend te behandel en/of te probeer voorkom, is dit noodsaaklik dat daar nie net op vroue gefokus word nie, maar dat hul lewensmaats (die vaders van hul kinders), familie, vriende, werkgewers sowel as gemeenskaps-leiers betrek word,” sê Dr. Olivier.

“In lyn met die gesegde ‘You need a village to raise a child’, glo ons ‘You need a village to prevent a child being born with FASD’.”

FARR se navorsingspan, wat mediese spesialiste, sielkundige, psigometriste en beraders insluit, doen deeglike navorsing in ’n geidentifiseerde gemeenskap voordat daar met die program, wat uit vier fases oor ’n termyn van drie jaar, begin word.

“Ons het reeds al die opnames en ondersoeke vir die FASA voorkomsstudie gedoen. Daar is nog verdere aksies met die skole wat gaan volg, asook die data-analise en werksaamhede met ouers. Die FASA voorkomssyfer behoort in 2021 beskikbaar te wees.”

Dr. Olivier verduidelik hoe gemeenskapsleiers van Kirkwood haar in 2019 gekontak het om die FASA-projek in hul gemeenskap te kom aanbied.

“Alvorens FARR kon begin met die projek, moes ons die nodige etiese goedkeuring vir die navorsing kry, asook die ondersteuning en die mandaat van die departmente van onderwys, maatskaplike ontwikkeling en gesondheid. Vir die duur van die projek word daar nou saam met die departmente gewerk.

“Befondsing moes ook verkry word, want alles wat as deel van die projekplan aangebied word, word deur die befondsing gedek. Ons is dus baie dankbaar dat Aware.org hierdie projek ten volle borg.”

Die sukses van die projek is dat ’n hele gemeenskap by die verskeidenheid programme en aktiwiteite betrek word. Die aktiwiteite sluit onder meer in produksies deur ‘n teatergroep (LIEFDESkind/LOVEchild), werkswinkels oor alkoholgeletterdheid (ThinkTwice), bemagtigingskursusse (FAStrap kursus) vir gemeenskapslede, motiveringsaanbiedings en (”Het jy 3 minute tyd?/Do you have 3 minutes?”).

Al die bewusmakingsaktiwiteite op Kirkwood word deur FARR se personeel onder leiding van die projekkoördineerder, Beulah Grobler gedoen en sy word bygestaan deur twee bekwame gemeenskapswerkers Rozaan Joubert en Babalwa Rooi. Hulle is almal van Kirkwood en het intensiewe opleiding by die FARR opleidingsakademie ontvang.

Gesonde ma-en-baba-program

“Die fokus van ons bewys-gebaseerde voorkomingsprogram, die Gesonde Moeder Gesonde Baba© Program, is om swanger vroue te ondersteun om gesonder swangerskappe en gesonder babas te hê,” sê Dr. Olivier.

Hierdie program is beskikbaar vir alle swanger vroue ongeag of hul alkohol- of ander verslawende middels gebruik.

“Ons bied dit in noue samewerking met die plaaslike klinieke aan. Al vereiste is dat die swanger vroue voor 20 weke swangerskap moet registreer vir deelname.”

Dit behels individuele sessies, groepsessies, tuisbesoeke en werks-winkels. Wanneer die babas 9 maande oud is, kry hulle volledige pediatriese ondersoeke deur een van FARR se mediese spesialiste.

Babas wat met enige mediese of ander probleme gediagnoseer word, sal die nodige verwysings en behandeling ontvang.

Volgens Beulah Grobler, FARR projekkoordineerder in Kirkwood, is daar pienk vorms by die Kirkwood-, Bergsig- en Moses Mabida-klinieke beskikbaar vir swanger vroue.

“Enige swanger vrou, onder 20 weke swanger, kan deur middel van die pienk vorms aan die antenatal suster toestemming gee om haar besonderhede aan FARR te gee. Een van FARR se personeel sal die swanger vrou dan kontak en die program aan haar verduidelik. Deelname is gratis en vrywillig. Al die COVID-19 veiligheidsregulasies word gevolg.

“Ons harte klop met ’n diep warmte as ons met swanger vroue werk. Lewe is ’n wonderwerk en daarom is dit ons passie om swanger vroue te bemagtig ten opsigte van van hulle en hul ongebore babas se gesondheid, keuses en selfliefde.”

  • Die FARR kantoor is op die perseel van Kirkwood se NG-kerk en is weeksdae van 08:00 tot 16:00 oop. Vir meer inligting bel Beulah Grobler by 071 311 1173 of stuur ’n epos na info@farrsa.org.za; besoek die webblad: www.farrsa.org.za of Facebook: FARR (Foundation for Alcohol Related Research).
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak UD Express Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.