Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
UD-Express
Gebede, gedigte gevra vir boek vir boere en plaaswerkers

’n SKRYWER van Uitenhage het die afge-lope maande met verskeie bekendes in Suid-Afrika sowel as uit die buiteland gekommunikeer, vir hul bydraes in die vorm van kort gebede, gedigte of selfs liedjies, wat alles deel sal wees van sy boek My Gebed vir ’n Boer.

Nico SchamrelFoto: HIGHLIGHTS PHOTOGRAPHY/DEREK cuenod

Nico Schamrel sê in ’n persverklaring dat hy die behoefte gehad het om slagoffers van plaasaanvalle van hulp te wees.

“Ek het besluit om ’n gebedeboek saam te stel met inspirerende woorde van be-kendes sowel as om die publiek te betrek vir hul bydraes,” sê Nico.

“Dit het agt maande geneem om van ons bekende Suid-Afrikaners te nader om aan my ’n gebed, skrywe, gedig of die woorde van ’n liedjie te stuur. Ek was oorweldig deur hul bydraes.”

Hierdie inisiatief word onder die vaandel van NS Liefdesdiens/NS Act of love van stapel gestuur. Dit is ’n niewinsgewende platform wat gebruik word om fondse in te samel vir liefdadigheid.

“Suid-Afrika se Mej. Wêreld 1974, Anneline Kriel-Bacon, is my ambassadeur vir hierdie projek en haar bestuurder, Leonard Arendt, my assistent.”

Die positiewe reaksie en kommentaar van bekendes het Nico beslis aangespoor om van hierdie besonderse projek ’n sukses te maak.

“Ons sterre, kunstenaars, legendes en bekendes het hul kant gebring – nou vra ek ook die hulp van die res van Suid-Afrika. Dit is so min gevra teenoor wat die boere en hul werkers vir ons doen – kos op ons tafels,” verduidelik Nico.

Hy doen ook ’n beroep op Suid-Afrikaners om saam te bid vir die veiligheid van plaasboere, hulle gesinne en hul plaaswerkers.

“Ons bid vir troos vir slagoffers van plaasmoorde. Ons bid vir verandering, bystand, vergifnis, wysheid, goeie leierskap en vir God se genade, asook seën oor die boere en al die mense van ons land.”

Van die bekendes wat bydraes gelewer het sluit onder andere in: Solly Philander, Amanda Strydom, Juanita du Plessis, Anneline-Kriel-Bacon, Jo Black, Jac de Priester, sowel as die Belgiese sanger Dana Winner.

Word deel van hierdie inisiatief

‘n Inskrywingsfooi van R100 per inskrywing word verlang en dié geld sal gebruik word om die boek te publiseer. Al die in-komste uit die verkope van die boek sal geskenk word om slagoffers van plaasaanvalle van hulp te wees.

Inskrywings mag nie meer as 150 woorde wees nie en kan in Engels of Afrikaans wees. Die sluitingsdatum is 31 Desember 2020 en die boek sal na verwagting teen einde Januarie 2021 beskikbaar wees.

  • Vir meer inligting, bankbesonderhede en om jou inspirerende bydrae te lewer stuur ’n epos aan Nico Schamrel na: nicoschamrel@gmail.com of besoek die web- tuiste www.nicoschamrel.com
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak UD Express Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.