Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
UD-Express
Harte én hande oop vir pap-projek

DIE mikpunt was om 30 bokse ontbytpap vir ’n skool se kosprojek in te samel, nou staan ’n sitkamer al propvol met byna 500 bokse wat deur die publiek en plaaslike besighede geskenk is.

Dié projek is ’n uitvloeisel van die Pay it Forward-gemeenskapsinisiatief waar inwoners van Uitenhage, Despatch en Kirkwood aangemoedig is om goed te doen aan ander.

Anneli Gouws, een van die groep vroue wat met dié inisiatief begin het, sê hulle het deur Pay it Forward bewus geword van die kosnood by plaaslike skole.

“By een van die skole wat ons was, het die skoolhoof gesê dat die twee blokkies Weet-Bix wat aan behoeftige leerders voorgesit word, in die meeste gevalle die enigste kos is wat dié leerders per dag eet.”

Na aanleiding hiervan het die Pay it Forward groep besluit om met ’n Weet-Bix Run te begin om dié skool te ondersteun. Besighede en lede van die publiek is aangemoedig om bokse van dié ontbytpap te skenk.

“Die reaksie was oorweldigend, die gemeenskap se harte is oop. Dit het baie groter geword as wat ons ooit verwag het. Ons het beplan om een skool eenmalig te help, maar nou kan ons al 10 skole vir ’n maand lank help,” sê Anneli.

’n Skenking van 30 bokse is ook deur Jaco en Lizette Janse van Rensburg van die Robertson Christusfees beloof en sal eersdaags op Uitenhage afgelewer word.

Die afsetpunte vir die Weet-Bix Run is by Levyvale Superspar, Despatch Superspar, Despatch Deli en Algoa Toyota.

“Pay it Forward het vroeër vanjaar begin en het nou ’n lewe van sy eie gekry. As die een projek ophou, gebeur die volgende een. Mense wil gee, maar hulle weet soms nie waar om betrokke te raak nie. Ook wil hulle weet dat dit wat hul gee wel by mense uitkom wat dit nodig het.

“Een mens kan nie die wêreld verander nie, maar jy kan die wêreld van een mens help verander deur goed te doen,” sê Anneli.

  • Vir navrae oor die Weet-Bix Run bel Anneli Gouws by 081 769 7477.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak UD Express Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.