Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
UD-Express
Inwoners keelvol oor waterlek
Wimpie Gouws wys die gat vol water in Leischingstraat op Uitenhage. Dié waterlek is al ses maande gelede aangemeld. Foto’s:WESLEY KLUE

INWONERS van Leischingstraat in Penford, Uitenhage is keelvol omdat daar te midde van kritieke watertekorte ’n waterlek is waaruit duisende liter water al die afgelope ses maande borrel.

Inwoner Wimpie Gouws het gewys hoe dié water uitborrel en het gesê dit wil voorkom of kontrakteurs sukkel om die lekkende pyp reg te maak.

Inwoners van Penford-hof in dié straat is nie net keelvol nie, maar ook gefrustreerd omdat dié gesloer veroorsaak dat hulle sonder water is.

Maium Phiri, ’n inwoner van dié woonstelle, moes noodgedwonge water wat uit dié lek in die straat afloop, in bottels skep vir huishoudelike gebruik.

“Ek gebruik die water om kos te maak, om te was en om te drink. Ons het niks ander water nie,” het Phiri gesê.

Nog ’n inwoner, Sylvia Rosser, het gesê, “Ons sukkel nou al só lank om die munisipaliteit te kry om die gat uit te sort. Dit is gevaarlik en ons kinders kan daar inval en verdrink. Dit is onaanvaarbaar om só te lewe.

“As ons die munisipaliteit bel, kry ons net elke keer ’n ander verwysingsnommer.”

Verlede week het ’n vrou met haar motor in die gat gery omdat die nodige waarskuwings-tekens nie aangebring is nie.

Raadslid Pieter Terblanche van wyk 51 het bevestig dat die waterlek al maande gelede aangemeld is, maar dat kontrakteurs dit nog nie herstel het nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak UD Express Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.