Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
UD-Express
‘Juffrou Rennie’ word vereer op haar 100ste verjaardag
Juffrou Phyllis Rennie (100) saam met (van links) Averil Fleurs, Bernice Goliath en Alfreda Williams.

EEN van Suid-Afrika se eerste vroue skoolhoofde by ’n staatskool, “Juffrou” Phyllis Rennie, se 100ste verjaardag is op 11 November 2020 by Jubileepark Primêre Skool op Uitenhage gevier.

Oud-kollegas wat hulself die Golden Girls noem, het in samewerking met ’n voormalige hoof van die skool, Hamilton Petersen, ’n gedenksteen ter ere van Juffrou Rennie opgerig vir haar bydrae tot die onderwys.

“Almal ken Juffrou Rennie as ’n standvastige mens vir wie dissipline altyd eerste kom,” sê Peter-sen.

“Dit was altyd vir haar baie belangrik om individuele aandag aan kinders te gee. Om elke kind se naam te ken, te weet waar hulle bly, of hulle naels kort is en of hulle ’n sakdoek het.”

Juffrou Rennie het haar onderwys-opleiding by Dower Onderwyserskollege op Uitenhage voltooi. Sy is ook tans die langs- lewende voormalige student van dié oud-kollege wat sy deure op Uitenhage in 1974 gesluit het.

Haar eerste onderwyspos was by St Joseph Primêre Skool, waarna sy by Jubileepark Primêre Skool aangesluit het en in 1967 as skoolhoof aangestel is. Dié aanstelling van Juffrou Rennie het bygedra dat Jubileepark ’n skool van voorkeur vir baie leerders was.

“Te danke aan Juffrou Rennie was daar in daardie jare nie ’n enkele kind in graad 4, wat nie kon lees met begrip nie. Onder haar leierskap het die voorbereiding- en primêre skool se getalle ge-styg met meer as 1 000 leerders,” sê Petersen.

Baie van die skool se oud-leerders onthou Juffrou Rennie ook as hul naaldwerk-onderwyseres. Buiten haar toegewydheid in die klaskamer het sy ook musiek- en klavierlesse vir kinders aangebied én sy was die orrelis by St Joseph’s Katolieke Kerk.

Op sportgebied was sy ’n ywerige tennispeler en op kultuurgebied het sy ’n noemenswaardige rol gespeel om ’n toneelgroep op die been te bring. Dié groep het jaar na jaar die destydse Rotariërfees se toneelkompetisie gewen.

Na meer as 40 jaar in die onderwys het sy in 1981 afgetree. Alhoewel haar geheue nie meer so helder is nie, is daar wel opflikkeringe en kan sy hier en daar belewinge van haar ryk en geseënde jare in die onderwys onthou.

Oud-kollegas, huidige personeel van Jubileepark, vriende en familie het Juffrou Rennie se uitsonderlike 100ste verjaardag saam met haar gevier.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak UD Express Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.