Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
UD-Express
Koffie en karavane is goeie pasmaats vir kuier
Chantelle Grobler van Despatch in haar Caravan Coffee Company inloer-en-kuier-koffiehoekie. Foto’s:VERSKAF

SOOS pap en wors, ’n kampvuur en vrede, bos-paadjies en avontuur . . . só is koffie en ’n karavaan ook mekaar se pasmaats.

Dié koffie-en-karavaan onafskeidbaarheid, gekombineerd met ’n liefde vir mense en gesellig kuier, het Chantelle Grobler van Despatch se droom van ’n uniek-eie koffiewinkel vlerke gegee. Verlede Vrydag is dié droom bewaarheid toe Caravan Coffee Company se koffiemasjien vir die eerste keer begin prut.

“Ek het nog altyd ’n ding gehad vir koffie . . . lekker koffie,” sê Chantelle wat ook verkoops- en bemarkingsdirekteur is van hul familiebesigheid Eastern Cape Caravans & Safari Centre in Port Elizabeth.

“Ek is baie lief vir koffie, vir mense én vir gesels. Nou kan ek dié liefdes as deel van my werk kombineer. Dit is heerlik om te kuier terwyl ek ’n koffietjie hier in die winkel maak.”

Chantelle Grobler wys haar Caravan Coffee Company ontwerp wat bestaan uit ’n koffieboon en ’n karavaan.

Chantelle wou al maande vroeër die deure van haar eie koffiewinkel open, maar toe kom COVID-19 en al die streng inperkingvereistes om dié pandemie hok te slaan. Dít kon haar nie van haar droom laat afsien nie, verduide-lik sy.

Sy het haar droom net aangepas na ’n inloer-en-kuier koffiehoekie in die kampeerwinkel.

“Dit is nou ’n on-the-go coffee bar vir die kliente wat slukkies boeretroos wil neem terwyl hulle buite tussen die karavane of in die winkel vol kamp- en karavaantoerusting loop. Dit is ook hoekom ek op die naam Caravan Coffee Company besluit het. Ek wou hê die naam moet inpas by ons karavaan-besigheid.”

Heel gepas is die logo van Caravan Coffee Company ’n koffieboon en karavaan.

Buiten die Mastertons-koffie tussen die karavane, kan ’n mens jou ook verlustig aan varsgebak en ’n hele paar ander lekkernye. Tuisgemaakte konfyt gemaak deur Chantelle se ouma, Orgia Nell, is ook hier te koop.

Nog ’n groot lekkerte van die Caravan Coffee Company is al die foto’s van karavane uit vervloeë dae, sowel as die maniere waarop mense in die vorige eeu uitgekamp het.

Kortom, hierdie unieke koffiekuierhoek by Eastern Cape Caravans & Safari Centre by 24 Vierde Laan, Walmer, bied boeretroos op sy beste.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak UD Express Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.