Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
UD-Express
‘Lekker’ klere vir adrenalien-junkies
Adrenalien-junkies Leone Liebenberg (links) en Justine Mulder kort voor hulle gaan valskermsping het in Jeffreysbaai. Foto: VERSKAF

’n GESUKKEL om sportkleefbroeke te kry waarvan sy hou, het ovaalbaanrenjaer en adrenalien-junkie Leoné Liebenberg van Uitenhage laat besluit om haar eie sportklerereeks te begin.

“Oefenklere moet lekker aan ’n mens se lyf sit. Dit is presies wat ons nou maak en die klerereeks se naam sê dit alles, Must Be Nice,” sê Leoné.

Sy het dié aanlyn-besigheid saam met haar pa, Chris Liebenberg, ’n bekende in ovaalbaanwedrenne begin. Hulle fabriek is in Kaapstad.

“’n Groot hupstoot vir ons was toe Wilco Louw, wat vir DHL Stormers rugby speel, ons gekontak het om vir hom van ons Suid-Afrikaanse vlag swembroekies te maak. Nou is ons sommer ook een van sy klere-borge,” sê Leoné.

Leone Liebenberg wys waar Wilco Louw in die SA Rugby-tydskrif pronk met hulle klere aan. Foto: HEILIE COMBRINCK

In die tydskrif SA Rugby pronk Wilco Louw in ’n volblad-advertensie met Must Be Nice -sportklere aan.

“Die klerereeks se naam is eintlik deur die resiesgroep gekies. It must be nice is ’n gesegde wat ons baie gebruik en toe ek by die klub vra oor ’n naam vir die klerereeks, het almal gesê maak dit Must Be Nice.”

Op Uitenhage is daar reeds heelwat ander adrenalien-junkies en mense wat sport beoefen wat van dié klere dra. Selfs die modelle wat op die Must Be Nice website te sien is, is almal Uitenhagers.

“Een van my extreme avontuurpelle, Justine Mulder, dra ook van ons sportklere,” sê Leoné.

Must Be Nice vervaardig ’n groot verskei-denheid sportklere vir verskillende sportko-des én hulle ontwerp ook vir individue wat hul eie styl soos Leoné wil dra.

“Buiten die sportklere, maak ons ook vellies vir van babas tot grootmense. ’n Mens kan jou naam daarop laat sit, Wilco dra van ons vellies met sy naam daarop,” sê Leoné.

Gaan loer gerus op Must Be Nice se Instagram, Facebook en webtuiste wat hulle alles vervaardig.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak UD Express Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.