Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
UD-Express
Rekords spat by Brandwag atletiek

Altesaam tien rekords het vanjaar in die slag gebly by Brandwag se interhuis-byeenkoms. Merkwaardig, behoort 8 uit die 10 nuwe rekords aan graad 8-leerders.

Die graad 8’s wat Brandwag- rekords agter hulle name het, is Heike Groenewald (gewigstoot en diskus), Kaylee van Dyk (hekkies, 90 meter en 300 meter), Anika Ferreira (o.14 hoogspring en 90 meter hekkies), Jay-Dee Smit (300 meter hekkies) en Morné van der Berg (1 500 meter). Interessant genoeg het Anika, wat van die Patensie-omgewing is, tydens een van die uitdunne ’n ander Anika Ferreira van dieselfde omgewing se 1989-rekord verbeter – en sy ken “die tannie” wie se rekord dit was. Kort daarna het Kaylee in die finaal weer die rekord verbeter. Dieselfde o.14 90 meter hekkies rekord het dus twee keer op een dag gekantel. Ander leerders wat Brandwag-rekords verbeter het, is Demi Jonck (spiesgooi) en Caryn-Ann Howard (hoogspring). Janique von Buchenroder het die 100 meter rekord geëwenaar.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak UD Express Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.