Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
UD-Express
Skuldberading – hou by goeie betaalrekord
Shaun Zeelie. Foto:HEILIE COMBRINCK

SKULDBERADING het ’n nuwe vlak van uitdagings betree weens die finansiële terugslae en skuld- depressie wat deur die COVID-19 pandemie veroorsaak is.

Maar, volgens skuldberader Shaun Zeelie van Master Your Money, is daar hoop, vir solank diegene met skuld by hul goeie betaal-rekord hou en indien mense in skuldknyp vroegtydig vir hulp aanklop.

Die verskil tussen nou en voor COVID-19 is dat mense met skuld se finansiële situasie erg gesneeubal het. In die meeste gevalle was dit weens omstandighede buite hul beheer.

“Weens die pandemie is daar afleggings, korter werkure en oortyd is nie meer ’n gegewe nie.

“Dit beteken dat daar nie genoegsame kapitaal beskikbaar is om in ’n skuldberadingsplan aan te wend nie,” sê Zeelie.

Hoe om uit die skuld-spiraal te kom

“Daar is ook ‘n wanpersepsie oor skuld. Dit is nie net weens wanbe- taling nie. Daar is mense wat voor die pandemie gemaklik hul skuld kon bekostig, wat op datum was met betalings en ’n goed gebalanseerde vebruikerslewe geleef het, maar die onvoorsiene het veroorsaak dat hulle nou in die skuldknyp is,” sê Zeelie.

Die Debtfree-tydskrif het onlangs vir Zeelie, wat die afgelope 11 jaar ’n skuldberader is, aangewys as die beste klein skuldberadingspraktyk in Suid-Afrika. Hy het sy besigheid op Uitenhage begin en werk deesdae vanuit Regus House in die Baai.

“Skuldberading is nie ‘n wonderwerk-proses nie. Dit geskied streng volgens industrie-riglyne,” sê Zeelie.

“Dit is regtig moeilik waar daar te min kapitaal is. Een agterstallige paaiement word twee en as jy eers agterstallig raak is dit baie moeilik om dit weer op te maak.

“Onthou, skuld is aangegaan omdat daar in die eerste plek te min kapitaal was. Nou kan die skuld nie terugbetaal word nie. Dit is ’n afwaartse spiraal met geen keer.”

Zeelie se raad om te verhoed om in hierdie spiraal te beland is, “Behou jou goeie betaal-rekord.”

Indien jy in die skuldknyp is en daar is wel kapitaal beskikbaar, is skuldberading die antwoord.

“Ons beding met krediteure vir beter rentekoerse en paaiemente om jou skuld af te betaal sonder dat daar regsaksie teen jou kom.

“Skuldberading is ‘n veilige roete om jou bates te beskerm, jou stresvlakke te verlig en jy het die samewerkende ooreenkoms met jou krediteure wat jou tegemoetkom om jou skuld af te betaal.”

Zeelie sê ’n skuldberader dien as die middelman wat die belange van beide ’n kliënt en sy bank of krediteure op die hart moet dra.

“Dit is ’n fyn balans om iemand met skuld te help om dit te delg. Ek moet ’n plan uitwerk dat die persoon se skuld so spoedig moontlik afbe-taal word, sonder dat die persoon se leefstyl heeltemal ingeperk word. Aan die ander kant moet die krediteure tevrede wees met die plan en die versekering kry dat die geld afbetaal word oor ’n vasgestelde periode.”

Zeelie stap die ’skuldpad’ saam

Zeelie se Master Your Money is ’n eenmansaak. Daarom ken hy elkeen van sy kliënte se finansiële uitdagings en omstandighede.

“Dit is heeltemal anders as om met ’n skuldberader by ’n inbelsentrum te praat.

“Ek weet wat my kliënte se situasies is en bly op hoogte van hul omstandighede. Dit maak dit vir my makliker en skep ’n wedersydse vertroue. In groot maatskappye is hierdie mens-tot-mens sakeverhouding nie noodwendig daar nie.

“Ek gee nie finansiële advies nie, ek is nie ’n adviseur nie. Maar ek moet seker maak my kliënte verstaan die finansiële plan wat ek vir hulle uitwerk, sodat dit nagekom word en hulle so gou moontlik hul skuldlas kan afgooi.”

Vir Zeelie voel hy in sy taak ge-slaag as mense na suksesvolle skuldberading beter finansiële besluite neem wat sal verhoed dat hulle weer in die spiraal van skuld aftuimel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak UD Express Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.