Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
UD-Express
‘Ta Fire’ besoek sy alma mater
Siya Deli of Ta Fire soos hy op skool bekend was, wys sy slag in een van die kaskarre.
: Oud-Tier Siya Deli in sy element tydens sy besoek aan sy alma mater, HTS Daniel Pienaar. Foto’S: VERSKAF
Siya Deli (regs) as navigator vir onderwyser Martin Kleingeld in een van DP se tydrenmotors.Fotos:VERSKAF

SIYA Deli, akteur, komediant en televisie-aanbieder het verlede Vrydag sy alma mater, HTS Daniel Pienaar besoek.

Tydens sy kuier het hy eers die inkomende graad 10 leerders tydens hulle oriëntering verwelkom en daarna ook die graad 11 en 12 leerders bemoedig om hulle studies met ywer aan te pak ten spyte van die COVID-19 pandemie.

Kola du Toit, skoolhoof van HTS Daniel Pienaar sê, “Siya is weltertale met ’n uitstekende humorsin. Hy is uiters hardwerkend en dit is lekker vir ’n skool as sy oud-skoliere se lewens suksesverhale raak.”

Siya, wat op skool as Ta Fire bekendgestaan het, het tydens sy besoek aan sy alma mater, die jonger Tiere gewys dat hy stééds, soos in sy skooldae, ’n kaskar kan stuur en behoorlik soos ’n vlieënde tier gelyk!

Vir die eerste keer in DP se geskiedenis, het kaskartoerusting handskoene, maskers en saniteermiddels ingesluit.

“Seker die prettigste maar ook senutergende oomblikke vir Siya was toe hy vir Martin Kleingeld, onderwyser in beheer van motorsport, navigator was in ’n toets-rit in een van DP se tydrenmotors,” sê du Toit.

Siya het sy besoek by DP afgesluit met tee saam met die skoolhoof. Hulle het lekker saamgelag oor die dag wat sy hom in die Engelse klas gesê het dat as hy nie die akademiese roete wou volg nie, hy tog maar komedie moes oorweeg.

Du Toit sê sy is trots op Ta Fire as oud-Tier. Hy het ’n reuse aantal volgelinge op sosiale media, 79.5k op Instagram, 261k op Facebook en 21.1k op YouTube.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak UD Express Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.