SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
UD-Express
Tiere motorsport kry nuwe woema

MOTORSPORT is in volspoed by HTS Daniel Pienaar en die skool se veldwedrenspan neem eerskomende naweek deel aan Algoa Rally Club se vierde streekswedren by Paardepoort in die Jansenville-distrik.

Die Tiere se veldwendrenjaer JP Smit (18) in sy 1.2 turbo VW Polo ding in die S5-klas mee. In die Algoa Rally 50k Championship is JP tans 1ste in die S5-klas en 4de in algehele posisie. Mede-Tier en veldwedrenjaer Britney du Piesanie (18) in haar VW Golf jaag in die S1-klas waar sy tans 4de in dié klas is en 15de algeheel.

Britney neem ook deel in ’n nuwe wedrenklas, die Retro-klas, wat karre met bakwerke vanaf 1990 en vroeër insluit.

Saterdag se veldwedren is die 4de been van die Algoa Rally 50k Championship en dié been word die Eastbay Civil Safari Rally ge-noem.

JP en Britney is beide in Graad 12 en op- komende Tier-veldwedrenjaers sal in 2019 agter die stuurwiele van die skool se veldwedrenkarre inskuif.

Maar voor dan gaan JP en Britney nog aan die Fountains Mall wedren in Jeffreysbaai deelneem en dan aan die nagwedren by Aldo Scribante (20 Oktober) en nog twee bene van die kompetisie met die basis by Aldo Scribante.

Plaaslike sakeman Kenneth Botha van Cuyler Service Centre (Dunlop Zone) het die Tiere se renjaers, navigators sowel as putbemanning nog meer woema gegee met t-hemde wat deur hom geborg is. Die span is dankbaar vir dié borg en dra hulle hemde met trots!

-HEILIE COMBRINCK

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak UD Express Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.