Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
UD-Express
Tiere se laaste veldwedren van die jaar

MOTORSPORT op skoolvlak word in die hart van Volkswagen-kontrei aangebied op Uitenhage by HTS Daniel Pienaar, wat die enigste skool in Suid-Afrika is met dié buitemuurse aktiwiteit.

Eerskomende naweek is dit die laaste veldwedren van die jaar waaraan die Tiere Michail Ellis (17) en Edward McCarthy (17) gaan deelneem. Dié Heinesport nag- en dag veldwedren word by die Ferry Hotel langs die Gamtoosrivier naby Jeffreysbaai en Longmore-plantasie aangebied.

Ellis is tans bo-aan die puntelys van die S5-kategorie en het al vier die vorige veldwedrenne in DP se VW Polo met sukses voltooi.

Vir McCarthy, wat droom oor Dakar en passievol is oor veldwedrenne, was dit ’n hoogtepunt in sy lewe toe hy in die middel van die jaar die geleentheid gekry het om agter die stuur van DP se VW Golf I in die S1-klas in te skuif.

“Om deel te wees van die rally spanen die spangees is vir my baie lekker. Dit voel soos ‘n groot familie wat almal mal is oor motorsport,” sê McCarthy.

Ellis sê hy was van kleintyd af versot op sportkarre.

Rally is ongelooflik lekker. Dis daardie adrenalien wat inskop wanneer ek in die kar klim. Ek kry nie daardie gevoel in enige ander kar nie,” sê Ellis.

Dryfkrag agter Tiere se motorsport

Die dryfkrag agter HTS Daniel Pienaar se motorsport is onderwyser Martin Kleingeld, wat ook die navigator is vir die Tiere-renjaers en sy pa, óók Martin Kleingeld. Nog ’n onderwyser, Werner Kapp, is ook ’n navigator vir die Tiere.

Beide Ellis en McCarthy is die jongste deelnemers in die veldwedrenne by die Algoa Rally Club sowel as in Suid-Afrika. Volgens McCarthy is die ouer deelnemers “baie geduldig en hulle gee ons baie raad oor wat om te doen en hoe om obstruksies in die pad te hanteer.”

McCarthy het in sy tweede veldwedren met die Golf I ‘n gat getref en gerol.

Hy het gevolglik uitgemis op die daaropvolgende veldwedren, maar dié kar sal reg wees vir sy laaste veldwedren van die jaar.

Ellis sê hulle gaan wel per geleentheid na Jachtvlakte om die karre te toets, maar hul spaar die karre vir die kompetisies.

“Ons kan nie bekostig dat iets breek voor ‘n rally nie. Daar is nie genoeg tyd of geld om die kar dan betyds reg te kry nie.”

Veldwedrenne is uitputtend en alhoewel daar nie baie voor die tyd agter die stuur geoefen word nie, is dit wel belangrik om ander fiks-heidsoefeninge te doen.

Ellis het bergfiets gery maar, het sy fiets ingeruil vir ’n motorsportoorpak. Hy glo basiese fiksheidoefeninge soos opdrukke en draf is goed. McCarthy het ‘n swartbelt in skopboks, sy ander groot sportliefde en hy sê dié sport help hom baie met sy reflekse.

By DP se motorsport is dit nie sommer vir inspring en ry nie. Ellis en McCarthy was eers deel van die kuipespan waar hulle moes leer hoe om bande om te ruil, meganiese herstelwerk te doen en ander take soos om die karre te was en skoon te hou.

  • Die naweek se Heinesport nag- & dag-veldwedren begin môre-aand om 19:45 by die Ferry Hotel en die eerste kar sal na verwagting teen 01:00 terugkom. Saterdag trek die eerste kar om 11:00 weg en behoort teen 17:00 weer by die eindpunt te stop.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak UD Express Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.