Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
UD-Express
Uitenhage-gholfklub betaal, maar kry nie water

SES jaar lank betaal die Uitenhage-gholfklub die munisipaliteit elke maand R3 100 vir die gebruik van ge- suiwerde rioolwater, tog moet vars water pleks van rioolwater gebruik word vir die instandhouding van die klub se bof- en setperke.

Die rede hiervoor?

“Anders as ses jaar gelede, word die gesuiwerde rioolwater van die Kelvin Jones-werke nie na die Strelitzia-dam gepomp nie, dit vloei nou direk in die Swartkopsrivier, gevolglik kry ons nie water nie,” verduidelik Morris Olivier, bestuurder van die Uitenhage-gholfklub.

Olivier het sy somme gaan doen en tot die slotsom gekom dat die gholfklub die afgelope ses jaar net ’n jaar se water uit die Strelitzia-dam gekry het.

“In die laaste drie jaar alleen het ons altesaam net drie maande se water uit Strelitzia-dam ontvang. Dit het tot gevolg gehad dat ons vir drie jaar nie die baan kon versorg soos dit versorg moet word nie.”

Om te verhoed dat die gras vrek, moet vars water met ’n tenkvragmotor na die bowwe en setperke karwei word terwyl die klub bly betaal vir gesuiwerde rioolwater wat hulle nie kry nie.

Olivier wys vinger na die munisipaliteit. “Daar is geen beheer oor die rioolsuiweringsproses by die Kelvin Jones-werke nie.

“Elke keer hoor ons ’n ander ver- skoning oor hoekom ons nie water kry nie. Dan is dit die filers, dan die pompe wat uitgebrand het, dan die slik-pro-bleem en die jongste is die mortiere wat in die Strelitzia-dam gevind is.”

Volgens Olivier is die besproeiing- sisteem vanaf die hoërliggende Strelitzia-dam honderd present in plek.

“Dit is ’n goed beplande infrastruk- tuur met ’n natuurlike vloei na die laerliggende gebiede. Dit het dekades foutloos gewerk en het help sorg dat die gholfbaan, verskeie skoolterreine en -sportvelde sowel as kerkgronde in ’n uitstekende toestand was.”

Olivier glo nie die probleem lê in enige infrastruktuur nie, maar wel in gebrekkige kennis en voldoende instandhouding.

Noudat die krane droog bly, is alle bloekombome op die baan reeds doodgespuit om waterverbruik in te kort. Tog is dit nie ideaal nie, want die bome is juis só aangeplant dat dit meewerk om ’n gat se moeilikheidsgraad in die hand te werk.

Volgens raadslid Pieter Terblanche betaal die skole sowel as die gholfklub ’n bedrag per maand om die gesuiwerde water te kan gebruik.

“Maar vir die afgelope paar maande was daar geen water nie. Om redes hiervoor by die rioolwerke te kry is ’n onbegonne taak,” sê Terblanche.

“Volgens my behoort die munisipaliteit die skole, kerke en gholfbaan tege-moet te kom en die rekeninge tydelik op te hef tot daar weer water is. Hulle kan mos nie aanhou betaal vir ’n diens wat glad nie gelewer word nie,” sê Terblanche.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak UD Express Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.