TYDENS VLV Hanekam se volgende vergadering gaan die vroue meer hoor oor die beginsels van selfverdediging.
Krag is van geen nut as dit nie vinnig aangewend word nie en daarom sal vroue ’n paar tegnieke gewys word.
Een van die belangrikste beginsels in selfverdediging is om te alle tye wakker en waaksaam te wees.
Die fyn waarnemer is bewus van wat om haar aangaan en kan voorkomend optree as sy iets gewaar wat nie vir haar na die normale toedrag van sake lyk nie.
Die vergadering, waartydens een van Atlas Sekuriteit se verteenwoordigers gaan optree, word volgende Woensdag, 19 Februarie om 18:30 vir 19:00 by Lions Heart, Winterhoek-rylaan 111 op Uitenhage gehou.
Die koste is R120/persoon en sluit ’n heerlike aandete in. Bywoning moet bevestig word.
- Vir meer inligting of om bywoning te bevestig bel Magda Ferreira by 041 992 4012. – MEDEWERKER