Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Internis sterf
DR. JAKES JACOBS

’n SEDER het in die Goudveld geval met die afsterwe van dr. Jakes Jacobs (71), die bekende internis en mense-mens.

Hy was altyd vir sy pasiënte beskikbaar.

Dr. Jakes, oftewel Gabriël Gerhardus Jacobs, is in Keetmanshoop in Namibië gebore.

Hy was op sy dag ’n kranige en geesdriftige hengelaar en gholfspeler.

Dr. Jakes is in September 2014 met longkanker gediagnoseer. Hoewel hy chemoterapie en bestraling ontvang het, het hy tot ’n maand gelede nog gepraktiseer.

Hy het op 27 Mei 1994 ’n Welkomiet geword.

Bambi Jacobs, sy vrou van 23 jaar, sê hy was verlede Woensdag nog by die onkoloog, dr. Antoinette Lion-Cachet, by die St. Helena- Private Hospitaal in Welkom.

Hy het skielik verswak en is in die Mediclinic Welkom opgeneem.

Hy is Saterdag (01/08) oorlede.

Sy vrou, asook sy suster, Lois (76), was sy ontvangsdames by die praktyk in die Mediclinic Welkom.

Dr. Jakes het ook in die Bongani-streekhospitaal pasiënte behandel, asook in die Ernest Oppenheimer-hospitaal, St. Helena- Private Hospitaal en die Mediclinic Welkom.

“Hy het talle arm mense en bejaardes gratis behandel.

“Vir hom het dit daaroor gegaan om mense te help,” sê Bambi.

Dr. Jakes word deur vyf kinders, Adriaan (40), Werner (39), Marius (35), Gerhard (33) en Bianca (21), asook ses kleinkinders, oorleef.

) Die begrafnisdiens is Donderdag (06/08) om 14:00 uit die Lighuis in Welkom en sal deur ds. Gerrie Coetzer gelei word

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.