Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Talle titels opgeraap
DIE Virginia Lions se jaarlikse skoonheidskompetisie is die 17de keer aangebied. Van links is Caitlin Abrahams (Miss Toddler 2015) en haar pa, Lesley, Khamang Khethe (Miss Tiny Tots 2015), Leanica Erasmus (tweede prinses), Corné Olwage (Mej. J

TALLE inskrywings is vanjaar vir die jaarlikse skoonheidskompetisie van die Virginia Lions ontvang. Dit is die 17de keer dat dit aangebied is.

Geld word deur die kompetisie ingesamel sodat onder meer kospakkies vir minderbevoorregtes aangekoop kan word.

Vanjaar se beoordelaars was Susan Strauss, Marie Aucamp en Zelda van Wyk. Ria Pelser was die hoofbeoordelaar en Danie van Tonder, sonevoorsitter van die Lions, was die seremoniemeester.

Mev. Virginia 2014, Jahn-Marie Meyer, het die kroning behartig.

Die wenner van Mnr. Petite was Reinard Dippenaar, met Zandré Dippenaar wat as die eerste prins weggestap het. Nathanuel Smith was die tweede prins.

Hein Olwage is as Mnr. Tiener 2015 en Shanté Roets as Mej. Tiener 2015 gekroon. Die eerste prinses was Jennifer Forbes en die eerste prins André Coetzer.

Riaan du Preez was die tweede prins en Kaylene Bester die tweede prinses.

Die wenner van die afdeling vir enkellopende vroue was Bianca Weideman.

Gerhard Strauss is as Mnr. Senior gekroon.

Lynette Claassens is as Mev. Virginia Lions gekroon. Haar eerste prinses was Petra Marais. Maureen Modikeng is as Ouma Virginia aangewys

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.