Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Afbreek verbeter geen saak nie
Vista letters

Anoniem, Welkom:

Ek het nie genoeg woorde om die gemors waarin ons stad Welkom hom nou bevind, te beskryf nie.

Ongelooflik hoe die sterk Simsons van Welkom die sementblomhouers wat nou die dag by die Hoefie opgestapel is, tot by die kloktoring geskuif het.

Is dit om te wys hoe sterk hulle is? Of om te wys hoe maklik dit is om – wat veronderstel is om te help om Welkom te verfraai – af te breek?

Ek veronderstel daar was ’n plant in elkeen wat gevrek het omdat dit nie water gekry het nie.

Boonop het die munisipale werkers rommel om die munisipale gebou gestrooi en aan die brand gesteek. Waarom, sou ek graag wou weet.

Staak hulle oor al die wanbesteding? Mors hulle belastingbetalers se geld om hul sin te kry?

Almal weet dat die geld op motors, Kerspartytjies, vuurwerk, en meer, bestee is.

Geld word links en regs uitgegee op alles wat onwettig en nutteloos is. Daar is geld vir aanbouings en studiebeurse, maar nie vir instandhouding, dienslewering en al die ander noodsaaklikhede nie.

Ontstoke stakers plunder en brand af in die hoop om hul sin te kry en die staat voel vere vir hul optrede.

Die rassekaart en die ou regering kry alewig die skuld.

Die feit bly staan dat ’n mens nie die verlede kan regmaak deur alles af te breek en te vernietig nie.

Die ergste is dat almal staan en kyk asof dit ’n opelugteater is.

Suid-Afrika kan so ’n goeie en ’n mooi plek wees as almal net wou praat en luister na mekaar.

Maar nee, die stad spoel weg in riool en ruik net soos die optredes van stakers.

Welkom dryf letterlik en figuurlik in riool weg.

Kan die stad weer soos in die verlede iets wees waarop inwoners trots kan wees?

Gaan ons saamstaan en dit maak werk of bly dwarstrek?

Dit gevoel is dat daar geen hoop is met die huidige stand van sake nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.