Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Aksie baan die weg

Die opwindende gedreun van ovaalbaanmotors gaan binnekort weer op ’n Saterdag oor Welkom weerklink.

’n Groep ovaalbaangeesdriftiges het ná vier jaar se stilte en frustrasie besluit om die ou baan by die Welkom-skouterrein tot sy volle glorie te herstel.

Die baan is heeltemal verwoes en gevandaliseer.

Hendrik van der Merwe, ovaalbaanmotorgeesdriftige en ondervoorsitter van die Welkom-motorsportklub, sê die verval het vier jaar gelede begin.

“Die klub is baie sterk en het gereeld groot byeenkomste aangebied. Geesdriftiges en deelnemers van oor Suid-Afrika heen het in Welkom ter ondersteuning van dié sport bymekaargekom.

“Ons het vier jaar gelede nog die SA’s hier aangebied, en dit was baie suksesvol. Dit was in September.

“In November was daar nog ’n klubbyeenkoms en toe vat ons ’n ruskans vir die jaar. Toe ons weer by die baan kom, was dit totaal verwoes, gevandaliseer en alles is weggedra. Tot die paviljoen was weg,” sê Van der Merwe.

Dié sportgeesdriftige het toe byeenkomste by ander klubs begin bywoon, en by dié klubs aangesluit.

“Ek was nog áltyd ’n groot geesdriftige en ondersteuner van ovaalbaansport, en het gereeld met die manne gepraat om dit weer in Welkom te begin,” sê Van der Merwe.

Die lede en hul gesinne het almal Saterdag (23/06) by die baan bymekaargekom en met die rehabilitasie begin.

“Ons het almal gespit, gras gesny, teer skoongemaak en vullis weggedra. Dit was ’n groot werk. Ons het Maandag ’n voorlegging by die munisipaliteit ingedien om weer dié sport in Welkom te beoefen.

“Ons wag nou op ’n antwoord. Ons het groot planne vir Welkom en die ovaalbaan,” sê hy.

Van der Merwe sê die herlewing van ovaalbaanwedrenne in Welkom gaan ’n groot ekonomiese inspuiting in die streek teweeg bring.

Duisende mense van oor die land heen trek saam met só ’n byeenkoms.

Die Welkom-motorsportklub nooi Goudvelders en motorsportgeesdriftiges uit om met idees vorendag te kom.

“As mense wil help, raad het of deel wil wees, moet hulle my asseblief kontak,” sê Van der Merwe.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.