Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Atleet skitter op 77

Die gesegde lui “oud maar nog nie koud”, en dit is beslis waar van Annatjie Jonk (77) van Merriespruit, Virginia.

Jonk het Saterdag (27/07) haar 100ste parkrun in Welkom voltooi.

Die gesoute atleet, wat al vier Comrades-ultramarathons agter die rug het, se atletiekloopbaan het eers op die rype ouderdom van 40 jaar begin.

Voorheen was sy ’n kranige netbalspeler.

Die padwedlope het haar begin interesseer en sy het haar toe by die Harmony Striders in Virginia aangesluit, waar sy steeds ’n lid is.

Sy neem ook nog weekliks aan die tydtoetse van die klub deel.

Die weeklikse uitslae wat in Vista verskyn, sny sy getrou uit en plak dit in ’n spesiale plakboek, so ook al haar parkrun-foto’s.

“Om te draf is absoluut ’n verslawing en ek geniet dit vreeslik,” sê Jonk.

Sy neem ook elke jaar deel aan die jaarlikse nag-vrouewedloop wat in Augustus in Welkom plaasvind. Verlede jaar was sy die algehele wenner van die meesters-padwedloop.

Haar man, Piet, is al jare ’n padwedloop-skeidsregter en ook baie bekend in atletiekkringe.

Jonk skryf haar goeie gesondheid toe aan die gereelde oefening en goeie dieet, hoewel sy baie lief is vir styselprodukte soos brood en pasta.

“Om te draf hou die liggaam gesond en dit is ook geestelik baie goed,” sê Jonk.

Sy beveel parkruns vir enigiemand aan ongeag hul vlak van fiksheid, en sê daar heers altyd ’n heerlike samesyn.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.