Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Atlete kan hulle pap draf by fees

Die Louis Massyn-mieliepapfeeswedloop word op Saterdag 14 September as deel van die jaarlikse Mieliepapfees in Ventersburg aangebied.

Dié wedloop is deur Atletiek Suid-Afrika goedgekeur en atlete kan aan ’n 10 km-wedloop (R80 per inskrywing) of ’n 5 km-wedloop (R40 per inskrywing) deelneem.

Deelnemers aan die 10 km-wedloop spring om 06:30 weg, en die 5 km-wedloop begin om 07:00.

Atlete kan ook om 08:00 aan Ventersburg se parkrun deelneem.

Die fees word by die Suid-Afrikaanse polisie-museum, aangebied.

Dit is die oorspronklike polisiekantoor wat in 1902 gebou is en die uitstalling bevat interessante inligting.

Verskeie kultuur-aktiwiteite en kosse eie aan die kontrei, soos verskillende mieliepapgeregte sal bedien word.

Vir meer inligting bel Keith Rhode by 082-882-9496, Heidie le Roux by 083-434-0805 of Danie de Kock by 083-308-1705.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.