Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Atlete meet kragte, spoed

Altesaam 54 skole uit die Vrystaatse Goudveld het aan die jaarlikse atletiekbyeenkoms vir die Lejweleputswa-distrik deelgeneem.

Die byeenkoms het op Vrydag 15 Februarie in die Kenneth McArthur-stadion in Potchefstroom plaasgevind.

Vanjaar het die Hoërskool Riebeeckstad die bordjies verhang en die byeenkoms gewen. Hulle het 50 goue medaljes teenoor die Goudveld-Hoërskool – verlede jaar se wenner – se 41 goue medaljes ingepalm.

Welkom-Gimnasium was weer derde, en hul goue medalje-telling het na 28 opgeskuif. Die Hoërskool Hentie Cilliers was weer vierde met 17 goue medaljes.

“Dit is opmerklik dat hierdie skole baie sterker as die ander skole in die kompetisie is,” sê Rudolph Cloete van Lejweleputswa-distriksatletiek.

Die enigste skole wat meer as 50 medaljes in totaal op die byeenkoms bymekaar kon maak, is Riebeeckstad (97 medaljes), Goudveld (95 medaljes), Gimnasium (66 medaljes) en Hentie Cilliers (55 medaljes).

Die Hoërskool Bothaville (met sewe goue medaljes) het die Hoërskool Wessel Maree (ses goue medaljes) met ’n kortkop in die plattelandse skole se stryd geklop – Wessel Maree was verlede jaar slegs negende.

By die ontwikkelende skole was die stryd net so straf: Die Hoërskool Taiwe (drie goue medaljes) het die Hoërskool Lephola (twee goue medaljes) geklop.

“Om die topatlete deur middel van die Joba-puntetabel te bepaal, raak al moeiliker, want die worpe-nommers dra soveel meer gewig as byvoorbeeld die spronge – 28 van die 50 topprestasie is worpe-nommers,” sê Cloete.

Miné de Klerk (Goudveld) was weer die beste atleet op die byeenkoms – sy het 960 punte vir haar 15,73 m in die gewigstoot vir meisies, 16 jaar, gekry.

Chamel Els (Hentie Cilliers) was kort op haar hakke met 939 punte vir haar 51,51 m in die hamergooi vir meisies, 17 jaar.

Die beste seunsatleet was Pieter-Juan Vorstman (Gimnasium) vir sy 62,75 m (910 punte) in die hamergooi vir seuns, 17 jaar.

Die beste prestasie deur ’n seun op die baan was dié van Lebohang Mahloane (Riebeeckstad) in die 3 000 m-hindernis vir seuns, 19 jaar. Hy verdien 909 punte vir sy 9:50.83.

Die beste prestasie deur ’n meisie op die baan was dié van Marelise Joubert (Hentie Cilliers) in die 5 000 m-stap vir meisies, 17 jaar. Sy het 875 punte vir haar tyd van 29:36.12 verdien.

Spoedatlete wat die oog gevang het, was Ntakuseni Vilankulu (Riebeeckstad) in die 100 m vir seuns, 19 jaar; Lorenco Griessel (Bothaville) in die 110 m-hekkies vir seuns, 19 jaar; en ook Janie Horn van Hoopstad in die 100 m vir seuns, 16 jaar.

By die spronge-afdeling was die beste meisie Annemieke Huijink (Gimnasium) vir haar rekordpoging in die hoogspring vir meisies, 17 jaar vir haar hoogte van 1,60 m (638 punte). Die twee beste seuns in die spronge het al twee rekords verbeter: Tladi Phenyane (Gimnasium) in verspring vir seuns, 16 jaar (6,67 m; 769 punte) en Onalenna Oliphant (Gimnasium) in die driesprong vir seuns, 16 jaar (13,82 m; 725 punte).

“Die bestuur verdien ’n pluimpie vir hul uitstekende organisasie. Baie dankie aan Henk van Vuuren (voorsitter) vir sy bestuur se moeite en ywer om die beste vir ons Goudveldse-atlete te bewerkstellig,” sê Cloete.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.