Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Bakkie in grusame ongeluk glo gekaap

Die man wie se bakkie in ’n ongeluk betrokke was waarin die Lubbe-gesin en nog ’n kind buite Odendaalsrus doodgery is, het aan die polisie gesê sy bakkie was gekaap.

Theuns Lubbe (39), sy vrou Elmarie (38), hul kinders Tristan (8) en Amoré (4) en ’n maatjie van die kinders, Juliana Gomez (6), is op 30 Maart buite Odendaalsrus in twee ongelukke kort ná mekaar dood.

Die Lubbe-gesin se motor het omgeslaan en Elmarie is op die toneel dood. Theuns het met die kinders langs die pad gestaan toe ’n wit Ford-bakkie hom en die kinders getref het en hulle almal dood is.

Die bestuurder van die bakkie het te voet van die toneel gevlug. Neels Lubbe, Theuns se neef, het op die gesin se begrafnis gesê hy sal ’n groot beloning gee as die skuldige opgespoor kan word. Lubbe sê die eienaar het twee weke ná die ongeluk sy bakkie as gekaap aangemeld.

Die eienaar het die kaping in Bloemfontein aangemeld en gesê hy is op 14 April gekaap. Die polisie het ongelukkig nie besef dat die man in verband met ’n noodlottige ongeluk gesoek word nie. Lubbe sê selfoonrekords en ander inligting dui daarop dat die man self op die toneel was.

Kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, sê die polisie glo Zakela Abide, ’n Ethiopiese burger, kan hulle met die ondersoek help. Lubbe sê hy is steeds bereid om ’n beloning te betaal indien iemand kan help om die skuldige op te spoor.

Bel Dirk Reinecke, die ondersoekbeampte, by 082-446-8041.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.