Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Basaar kry Bybelse tema

Die NG kerk Welkom-Wes hou op Saterdag 26 Mei ’n basaar.

Daar is ’n Bybelse tema, en die ou stad Jerusalem sal uitgebeeld word.

Interessante Bybelse geregte sal te koop aangebied word.

Daar sal ook ’n klaagmuur wees waar boodskappe geskryf kan word.

’n Bybellees-marathon, waar die Bybel in sy geheel in slegs 49 minute deurgelees sal word, sal ook aangepak word. Altesaam 98 lesers sal betrokke wees.

Deelnemers sal om 09:30 begin lees, en mik om teen 10:19 deur die hele Bybel te lees.

Dit is glo die eerste keer dat so ’n marathon gehou word.

Mense wat wil deelneem, kan die organiseerders by 083-309-9540 bel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.