Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Beboet lakses só

Antoinette Schoeman, Riebeeckstad:

Soggens om 08:00 luister ek na Praat saam op RSG. Verlede week was daar ’n debat oor ons gestremde burgers se beperkte toegang tot sekere geriewe. Ons gestremdes beleef dit ook in Welkom.

Vanoggend (22/11) weer het ek gesien hoe ’n staatsvoertuig die dubbele parkeerplek op die hoek van Absa Bank gebruik.

Die vrou, in uniform geklee, het uit die voertuig geklim, die voertuig gesluit en is die bank in. Ek het in my voertuig vir my man gewag. Na meer as 20 minute het sy in haar voertuig geklim en weggery.

Is dit hoe amptenare wat ’n voorbeeld vir die gemeenskap moet stel, optree? Net daarná het ’n afleweringswa daar geparkeer, ook in die dubbele parkeerplek vir mense met gestremdheid, tydsaam artikels uitgehaal en die bank in gestap.

Intussen moes ’n bejaarde omie wat daar wou stop om bank toe te gaan ’n ent verder gaan parkeer. Hy het moeilik uit sy voertuig geklim en met krukke aangesukkel gekom. Gelukkig kon ek hom gaan help. Is dit nodig om die mense se behoeftes te reserveer wanneer duidelike tekens aangebring is dat dit slegs vir mense met gestremdheid is?

Die verkeersdepartement moet teen die onverantwoordelikes optree. Hulle behoort vir ernstige oortredings beboet te word. Los ons gestremdes en bejaardes se geriewe uit.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vista Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.